SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

BALL, Liezl H.  and  BOTHMA, Theo J.D.. 'n Bruikbaarheidsevaluering van die prototipe van die Afrikaanse idiome-woordeboek. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.78-106. ISSN 2224-0039.

Die Afrikaanse idiome-woordeboek is 'n prototipe e-woordeboek van Afrikaanse vaste uitdrukkings wat ontwikkel is met die doel om die funksionaliteit van die ewoordeboek te toets. Die woordeboek is gebaseer op die funksieteorie van leksikografie. Die e-woordeboek maak gebruik van verskeie tegnologieë. Wanneer digitale werktuie ontwikkel word is dit belangrik om die bruikbaarheid van die tuig te oorweeg. Bruikbaarheidsevaluering is op die Afrikaanse idiome-woordeboek gedoen om te bepaal met watter mate van sukses dit gebruik kan word. Die metodes van afslag-bruikbaarheidsevaluering, naamlik heuristiese evaluering en bruikbaarheidstoetsing is gebruik. Hierdie artikel doen verslag oor die bevindinge van die bruikbaarheidstoetse en dit word bespreek onder die kategorieë inhoud, inligtingargitektuur, navigasie, toegang (soek en snuffel), hulp, aanpassing en die gebruik van innoverende tegnologieë om data in e-woordeboeke te bestuur vir soek- en vertoondoeleindes. Die bruikbaarheidsevaluering het gewys dat die gebruikers nie altyd die e-woordeboek gebruik het soos die ontwerpers bedoel het nie. Verskeie aanbevelings is gemaak vir die ontwerpers van die Afrikaanse idiome-woordeboek, so wel as vir die ontwerp van e-woordeboeke in die algemeen. Aanbevelings toepaslik vir e-woordeboeke in die algemeen is ook gemaak oor bruikbaarheidsevaluering, inligtingargitektuur, soek in e-woordeboeke, die data wat in e-woordeboeke ingesluit kan word en die opleiding van gebruikers van e-woordeboeke.

Keywords : e-woordeboeke; aanlyn woordeboeke; elektroniese woordeboeke; bruikbaarheidsevaluering; bruikbaarheidstoetsing; afslag-bruikbaarheidsevaluering; woordeboekgeletterheid.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License