SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

ALZI'ABI, Safi Eldeen. Die raai van werkwoord-bywoord-kollokasies: Arabiese EVT-leerders se gebruik van elektroniese woordeboeke. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.50-77. ISSN 2224-0039.

Kollokasienavorsing het onlangs baie belangstelling ontlok. Tot op hede het byna geen studie Arabiese EVT-leerders se vaardighede in die gebruik van werkwoord-bywoord-kollokasies ondersoek nie. Hierdie studie ondersoek die manier waarop gevorderde Arabiese EVT-leerders met werkwoord-bywoord-kollokasies omgaan terwyl hulle twee aanleerderswoordeboeke gebruik. Die proefpersone (N = 82) is versoek om 22 werkwoorde, waarvan 12 gebruiklik en 10 ongebruiklik was, na te slaan en drie bywoordelike kollokasies vir elke werkwoord te raai. Die resultate het getoon dat selfs gevorderde EVT-leerders aansienlike probleme ondervind het om ekstra bywoordelike kollokasies vir sowel gebruiklike as ongebruiklik werkwoorde te verskaf. Woordeboekgebruik was effektief; die proefpersone het aansienlik beter gevaar by veral gebruiklike werkwoorde. Baie redes is voorgestel vir hierdie bevinding, waarvan die belangrikstes die proefpersone se gebrek aan kollokasionele vaardighede ingesluit het, asook die gebrek aan voldoende leidrade in die definisies om woordeboekgebruikers se korrekte gebruik van kollokasies te vergemaklik. Terwyl daar bevind is dat kennis van die betekenis van die stimuli 'n betekenisvolle bydraende faktor tot die proefpersone se oorkoepelende kollokasionele bedrewenheid gelewer het, het basiese vorige opleiding in woordeboekgebruik geen positiewe invloed op hulle algehele prestasie gehad nie.

Palabras clave : werkwoord-bywoord-kollokasies; arabiese evt-leerders; gebruiklike werkwoorde; ongebruiklike werkwoorde; opleiding in woordeboekgebruik; kollokasiewoordeboeke; woordeboekgebruik; aanleerderswoordeboeke.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons