SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

AGERBO, Heidi. Die vertolkende funksie: Om te wees of nie te wees: dis die vraag. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.1-15. ISSN 2224-0039.

Omtrent 'n dekade gelede is daar voorgestel dat 'n nuwe funksie by die leksikografiese funksieteorie gevoeg moet word, naamlik die vertolkende funksie1. Min of geen navorsing is egter oor hierdie funksie gedoen nie, en hoewel daar slegs voorgestel is dat hierdie nuwe funksie relevant was en by die leksikografiese teorie ingewerk behoort te word, het sommige navorsers sedertdien aanvaar dat hierdie funksie bestaan2, insluitende die outeur van hierdie bydrae. In Agerbo (2016) bied ek argumente ter ondersteuning van die opname van die vertolkende funksie in die funksie-teorie en doen aan die hand hoe nietaalkundige tekens in spesifieke woordeboekartikels behandel kan word. Weens die bevindinge van onlangse navorsing argumenteer ek egter in die huidige artikel dat die vertolkende funksie nie beskou behoort te word as 'n aparte hooffunksie nie. Die vertolkende funksie, in teenstelling met sommige definisies, hou nie verband met toneelspel nie en dus is die enigste verskil tussen resepsie en interpretasie dat hulle werk met verskillende soorte tekens. Die soort teken is egter nie relevant vir 'n funksie nie, of eerder, dit behoort nie 'n maatstaf te wees om tussen funksies te onderskei nie. Die lemmaseleksie vir die kommunikatiewe, kogni-tiewe sowel as die operatiewe funksies kan en behoort sowel taalkundige as nietaalkundige tekens in te sluit. Teoreties is daar dus geen rede om 'n vierde woordeboekfunksie te identifiseer nie, soos voorgestel deur Tarp (2008), en prakties het die ontwikkeling van moderne tegnologie die afstand in die behandeling van verskillende soorte tekens verklein, wat dit vir leksikograwe makliker maak om nietaalkundige tekens te lemmatiseer. Wat betref die punt dat nietaalkundige tekens ook leksikografiese aandag waardig is, bly my voorstel uit 2016 steeds geldig, met die verskil in hierdie bydrae dat die vertolkende funksie nie beskou word as 'n aparte funksie nie.

Keywords : lexikografiese funksieteorie; woordeboekfunksie; vertolkende funksie; inligtingshulpmiddels; taalkundige teken; nietaalkundige teken; toneelspel.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License