SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Literator (Potchefstroom. Online)

On-line version ISSN 2219-8237
Print version ISSN 0258-2279

Abstract

RENS, Dario. Die semantiek van die aan-konstruksie in sestiende-eeuse Nederlands: 'n Semasiologiese en onomasiologiese benadering. Literator [online]. 2017, vol.38, n.2, pp.1-9. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v38i2.1333.

Hierdie artikel fokus op die semantiek van die Nederlandse aan-konstruksie [NP V NP aan NP], byvoorbeeld Jan geeft een boek aan Piet ('Jan gee 'n boek aan Piet') in die sestiende eeu. In moderne Nederlands word die aan-konstruksie gebruik as 'n alternatief vir die Nederlandse dubbelobjekkonstruksie, maar navorsing dui daarop dat die gebruik van ditransitiewe werkwoorde in die Nederlandse aan-konstruksie slegs 'n sestiende-eeuse verskynsel is - hierdie afwisseling staan bekend as die 'datiefafwisseling'. Dis egter nie duidelik watter ditransitiewe werkwoorde die datiefalternansie geïnisieer het. Colleman (2010) glo dat die eerste gevalle van die ditransitiewe gebruik van die aan-konstruksie konkrete fisiese bewegings is waarby die direk objek van die subjek na die indirek objek beweeg. Hy argumenteer egter dat daar geen kwantitatiewe bewys is om die bewerings te staaf nie. In 'n selfsaamgestelde korpus van sestiende-eeuse Nederlands probeer hierdie artikel die bewyse vind om Colleman se hipotese te ondersteun en sal die distinktiewe kollekseemanalise en sy diakroniese variant gebruik. Die resultate dui daarop dat die eerste ditransitiewe gevalle van die aan-konstruksie inderdaad konkrete gebruike is, maar dat daar ook 'n toename is in die metaforiese gebruik van die konstruksie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License