SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Literator (Potchefstroom. Online)

versão On-line ISSN 2219-8237
versão impressa ISSN 0258-2279

Resumo

MTENJE, Asante L.. 'Taming Untamed Pests': Die Voorstelling van Vroulike Seksualiteit in Tiyambe Zeleza se Smouldering Charcoal en James Ng'ombe se Sugarcane with Salt. Literator [online]. 2017, vol.38, n.2, pp.1-8. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v38i2.1341.

In Afrika se diktatoriale regimes vervaag die grense tussen private en openbare ruimtes as gevolg van die beheer wat die staat uitoefen oor die subjektiwiteite van gewone burgers. In hierdie artikel verken ek 'n verskeidenheid van kruisings tussen die ideologies-materinle nalatenskap van 'n diktatoriale regime en uitbeeldings van vroulike seksualiteit in Malawiese fiksie. Ek is veral geïnteresseerd in die gebruik van literêre tekste om te ondersoek hoe fiksie-skrywers die ooreenkomste en teenstellings tussen volslae politieke diktatorskap en die impak daarvan op liggame en gedrag verken, asook hoe die staat instellings soos 'die familie' vervorm. Hierdie ondersoek sluit ook in diskoerse soos geslag, kultuur en godsdiens wat algemeen gebruik word in die diens van nasionale identiteit. Ek fokus op Tiyambe Zeleza se Smouldering Charcoal en James Ng'ombe se Sugarcane with Salt, en ondersoek hoe die skrywers se uitbeelding van vroulike seksualiteit gevestigde normatiewe 'waarhede' oor vroulike heteroseksualiteit voortsit en terselfdertyd bestry. Deur te fokus op vroulike seksuele agentskap, begeerte en plesier, ondersoek hierdie artikel ook klas-gebaseerde intergenerasionele verskille tussen vroue se konseptualiserings van vroulike heteroseksualiteite as 'n konstruk wat beredeneer kan word.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons