SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Literator (Potchefstroom. Online)

On-line version ISSN 2219-8237
Print version ISSN 0258-2279

Abstract

VAN GRAAN, Mariëtte. Die spook van Afrikaneridentiteit in Toorberg, Die stoetmeester en Die swye van Mario Salviati (Etienne van Heerden). Literator [online]. 2017, vol.38, n.2, pp.1-12. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v38i2.1339.

Spookkarakters is 'n kenmerkende aspek van Etienne van Heerden se roman-oeuvre, maar tot op hede is weinig navorsing gedoen waarin daar spesifiek na die aard en funksie van hierdie spookkarakters ondersoek ingestel is. In hierdie artikel bespreek ek Van Heerden se gebruik van spookkarakters diachronies, met verwysing na die romans Toorberg (1986), Die stoetmeester (1993) en Die swye van Mario Salviati (2000). Ten einde die aard van spookkarakters uit te klaar, word daar van die sogenaamde paranormale wetenskap gebruik gemaak. Die spoke in die drie betrokke romans word hiervolgens geklassifiseer en binne die konteks van die roman waarin hulle verskyn, bespreek. Hierdeur sal ek aantoon hoe die spookkarakters in dié romans as 'n voortdurend veranderende vergestalting van Afrikaneridentiteit ('n sentrale tema in Van Heerden se oeuvre) gelees kan word. Van Heerden se Afrikaner verander oor tyd: in Toorberg vorm die spookkarakters 'n kollektief wat 'n gefragmenteerde beeld van die stereotipiese, argaïese, manlike Afrikaneridentiteit vergestalt; in Die stoetmeester word 'n liminale karakter in 'n liminale historiese tydperk juis só geskryf om 'n liminale Afrikaneridentiteit te vergestalt; en in Die swye van Mario Salviati word daar wegbeweeg van 'n eksklusiewe Afrikaneridentiteit na 'n meer omvattende Suid-Afrikaanse identiteit deur die gebruik van spookkarakters wat ten opsigte van agtergrond en herkoms verskil. Ten slotte sal die historiese kontekste van die romans en die identiteite daarin vergelyk en bespreek word ten einde die funksie van Van Heerden se spookkarakters as voortdurende herskrywings van Suid-Afrikaanse identiteite uit te lig.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License