SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Literator (Potchefstroom. Online)

versão On-line ISSN 2219-8237
versão impressa ISSN 0258-2279

Resumo

PRETORIUS, Antoinette; CAROLIN, Andy; FOURIE, Reinhardt  e  KRUGER, Lida. (On)afhanklinke betekenis: Voorstellings van verslawing en herstel in geselekteerde gedigte geskryf in 'n rehabilitasiesentrum. Literator [online]. 2017, vol.38, n.1, pp.1-12. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v38i1.1395.

Hierdie artikel ondersoek 'n aantal geselekteerde gedigte wat geskryf is tydens kreatiewe skryfwerkswinkels aangebied by 'n dwelmrehabilitasiekliniek. Ons voer aan dat hierdie gedigte sommige onsekerhede en kompleksiteite blootlê wat die representasie van identiteit in ervarings van verslawing en herstel kenmerk. Ons toon aan dat die sprekers in hierdie gedigte probeer het om hulle ervarings deur 'n aantal binêre teenstellings in taal te versinnebeeld. Dít sluit in die teenstelling tussen die spreker se ervaring van aktiewe verslawing en herstel, en die spreker se persoonlike ervaring teenoor maatskaplike verwagtinge en persepsies. Ons interpretasies van hierdie gedigte word gerig deur die kliniese konteks waarbinne hulle geskep is, terwyl ons ontleding die splitsing weerspieël wat hierdie liminale ruimte oorheers. Individuele agentskap binne hierdie verskillende gebiede word op tentatiewe wyse benader, en daar word aangedui hoe die sprekers in hierdie gedigte met moeite 'n toekoms insien terwyl hul verledes terselfdertyd rusteloos voorkom. Uiteindelik argumenteer ons dat terwyl teenswoordige diskoerse en uitdrukkingsmoontlikhede betreffende verslawing onvolledig en onvoldoende blyk te wees vir die uiting van veelvuldige ervarings, bied juis die poësie 'n platform wat teenstrydighede en menigvuldige betekenisse kan akkommodeer.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons