SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Literator (Potchefstroom. Online)

On-line version ISSN 2219-8237
Print version ISSN 0258-2279

Abstract

PRETORIUS, Antoinette; CAROLIN, Andy; FOURIE, Reinhardt  and  KRUGER, Lida. (On)afhanklinke betekenis: Voorstellings van verslawing en herstel in geselekteerde gedigte geskryf in 'n rehabilitasiesentrum. Literator [online]. 2017, vol.38, n.1, pp.1-12. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v38i1.1395.

Hierdie artikel ondersoek 'n aantal geselekteerde gedigte wat geskryf is tydens kreatiewe skryfwerkswinkels aangebied by 'n dwelmrehabilitasiekliniek. Ons voer aan dat hierdie gedigte sommige onsekerhede en kompleksiteite blootlê wat die representasie van identiteit in ervarings van verslawing en herstel kenmerk. Ons toon aan dat die sprekers in hierdie gedigte probeer het om hulle ervarings deur 'n aantal binêre teenstellings in taal te versinnebeeld. Dít sluit in die teenstelling tussen die spreker se ervaring van aktiewe verslawing en herstel, en die spreker se persoonlike ervaring teenoor maatskaplike verwagtinge en persepsies. Ons interpretasies van hierdie gedigte word gerig deur die kliniese konteks waarbinne hulle geskep is, terwyl ons ontleding die splitsing weerspieël wat hierdie liminale ruimte oorheers. Individuele agentskap binne hierdie verskillende gebiede word op tentatiewe wyse benader, en daar word aangedui hoe die sprekers in hierdie gedigte met moeite 'n toekoms insien terwyl hul verledes terselfdertyd rusteloos voorkom. Uiteindelik argumenteer ons dat terwyl teenswoordige diskoerse en uitdrukkingsmoontlikhede betreffende verslawing onvolledig en onvoldoende blyk te wees vir die uiting van veelvuldige ervarings, bied juis die poësie 'n platform wat teenstrydighede en menigvuldige betekenisse kan akkommodeer.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License