SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Literator (Potchefstroom. Online)

versão On-line ISSN 2219-8237
versão impressa ISSN 0258-2279

Resumo

MURRAY, Jessica. 'Ek was 'n Meisie van my Tyd': 'n Feministiese literêre analise van uitbeeldings van tyd en gender in gekose eietydse Suid-Afrikaanse fiksie deur vroue. Literator [online]. 2017, vol.38, n.1, pp.1-8. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v38i1.1328.

Hierdie artikel bied 'n feministiese literêre analise van gekose eietydse Suid-Afrikaanse tekste deur vroueskrywers om te ondersoek hoe hulle vroulike karakters se omgang met konvensionele insigte oor tyd en die kronologiese, liniêre progressie daarvan uitbeeld. Hierdie omgang word uitgebeeld as besonder belaai vir vroulike karakters omdat hulle beperk word deur verskeie tydsgebonde konstruksies van vroulikheid selfs terwyl hulle poog om aandag te skenk aan die tydsontwrigte stemme van gendertrauma wat herhaaldelik deur hul liggame praat. In hierdie artikel is my fokus op Bridget Pitt se roman, Notes from the Lost Property Department (2015), Elleke Boehmer se The Shouting in the Dark (2015) en Mohale Mashigo se The Yearning (2016). Ten spyte van gereelde verwysings na die belangrikheid van temporaliteit in pogings om die ervarings van vroulike protagoniste te verstaan, is daar 'n tekort aan akademiese aandag aan die kompleksiteite van die snypunte tussen gender, tyd en trauma in eietydse Suid-Afrikaanse fiksie deur vroue. Alhoewel gendergeweld en trauma onderwerpe reeds wye kritiese aandag ontvang het in Suid-Afrikaanse literêre studies, wys hierdie artikel dat die insluiting van temporaliteit in die analitiese raamwerk 'n ryker, meer genuanseerde lesing van die ervarings van vroulike karakters in die gekose tekste moontlik maak.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons