SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Literator (Potchefstroom. Online)

versão On-line ISSN 2219-8237
versão impressa ISSN 0258-2279

Resumo

FLOCKEMANN, Miki. Ek is/is ek 'n Afrikaan? 'n Relasionele lesing van Diaspora and Identity in South African Fiction deur Jacobs, J.U. Literator [online]. 2017, vol.38, n.1, pp.1-9. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v38i1.1330.

Die verskyning van J.U. Jacobs se Diaspora and Identity in South African Fiction (2016) is besonder tydig aangesien dit die eerste samevattende studie van Suid-Afrikaanse fiksie is wat die standpunt handhaaf dat die Suid-Afrikaanse letterkunde uiteraard reeds diaspories is. Alhoewel Jacobs se diasporiese raamwerk sonder twyfel huidige tendense soos vasgestel deur letterkundiges op 'n noemenswaardige manier aanvul, bring sy fokus op twaalf goed gevestigde skrywers (onder andere Coetzee, Wicomb, Mda, Gordimer en Ndebele) sekere leemtes na vore wat deur 'n studie van dié aard gevul behoort te word. Byvoorbeeld, wat van skrywers van die jonger geslag, met inbegrip van diegene van ander Afrikalande wat skryf oor lewenservaringe in Suid-Afrika. Hoe hanteer hulle die kwessie van die nuwe diaspora, met debatte oor Afropolitanisme en ervaringe met interne, interkontinentale en tussenkontinentale migrasie in 'n wêreld met toenemende globalisering? Nieteenstaande hierdie tekortkominge kan Jacobs se standpunt ten opsigte van die onvermydelike diasporiese assosiasies, wat na vore kom in die twintig verhale wat hier ontleed word, 'n nuttige grondslag verskaf vir verdere studie oor hoe die diasporiese tendens op ander tekste inwerk en daardeur oorgedra word. Ek sal aandui hoe hierdie tekste wissel van werke deur 'n nuwe geslag opkomende skrywers, enersyds, tot die uitvoerende kunste, andersyds.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons