Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Literator (Potchefstroom. Online)
versión On-line ISSN 2219-8237
versión impresa ISSN 0258-2279
Resumen
FLOCKEMANN, Miki. Ek is/is ek 'n Afrikaan? 'n Relasionele lesing van Diaspora and Identity in South African Fiction deur Jacobs, J.U. Literator [online]. 2017, vol.38, n.1, pp.1-9. ISSN 2219-8237. http://dx.doi.org/10.4102/lit.v38i1.1330.
Die verskyning van J.U. Jacobs se Diaspora and Identity in South African Fiction (2016) is besonder tydig aangesien dit die eerste samevattende studie van Suid-Afrikaanse fiksie is wat die standpunt handhaaf dat die Suid-Afrikaanse letterkunde uiteraard reeds diaspories is. Alhoewel Jacobs se diasporiese raamwerk sonder twyfel huidige tendense soos vasgestel deur letterkundiges op 'n noemenswaardige manier aanvul, bring sy fokus op twaalf goed gevestigde skrywers (onder andere Coetzee, Wicomb, Mda, Gordimer en Ndebele) sekere leemtes na vore wat deur 'n studie van dié aard gevul behoort te word. Byvoorbeeld, wat van skrywers van die jonger geslag, met inbegrip van diegene van ander Afrikalande wat skryf oor lewenservaringe in Suid-Afrika. Hoe hanteer hulle die kwessie van die nuwe diaspora, met debatte oor Afropolitanisme en ervaringe met interne, interkontinentale en tussenkontinentale migrasie in 'n wêreld met toenemende globalisering? Nieteenstaande hierdie tekortkominge kan Jacobs se standpunt ten opsigte van die onvermydelike diasporiese assosiasies, wat na vore kom in die twintig verhale wat hier ontleed word, 'n nuttige grondslag verskaf vir verdere studie oor hoe die diasporiese tendens op ander tekste inwerk en daardeur oorgedra word. Ek sal aandui hoe hierdie tekste wissel van werke deur 'n nuwe geslag opkomende skrywers, enersyds, tot die uitvoerende kunste, andersyds.