SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Literator (Potchefstroom. Online)

On-line version ISSN 2219-8237
Print version ISSN 0258-2279

Abstract

DITSELE, Thabo. Toetsing van bekende veranderlikes aangaande die houdings wat deur Setswana T1-sprekende universiteitstudente gehuldig word ten opsigte van hul T1. Literator [online]. 2017, vol.38, n.1, pp.1-15. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v38i1.1301.

Vorige taalhoudingstudies onder openbare universiteitstudente in Suid-Afrika, het getoon dat hierdie vyf veranderlikes: geslag; ouderdomsgroep; studiejaar; vlak van studie; en studieveld, studente se houdings teenoor tale beïnvloed. Dus was die doel van hierdie opname om te bepaal of die toetsing van hierdie veranderlikes op Setswana T1-sprekende universiteitstudente (n = 247), vorige studies sal bevestig, aangesien dit die eerste studie is wat uitsluitlik data insamel onder Setswana T1-sprekende universiteitstudente by vyf universiteite (beide openbare en privaat) in Tshwane en Johannesburg, tot doktorale vlak. Nog nooit vantevore is data ingesamel onder studente by private universiteite in Suid-Afrika nie. Hierdie gaping het veralgemenings in vorige opnames ten opsigte van alle universiteitstudente verswak. Gemengde metodes is gebruik om data, wat geanaliseer is met behulp van gemiddeldes, chi-kwadraattoets en persentasies, in te samel. Die vyf veranderlikes is getoets vir statistiese betekenisvolheid in die beïnvloeding van taalhoudings. Alles behalwe een veranderlike (geslag) het statisties-beduidende verhoudinge (p ≤ 0.05) gehad met ten minste een van die geslote-einde vrae. Oor die algemeen, het die respondente hulle T1 waardeer en dit relevant geag in hul lewens en die samelewing waarin hulle woon.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License