SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Literator (Potchefstroom. Online)

On-line version ISSN 2219-8237
Print version ISSN 0258-2279

Abstract

MUSVOTO, Rangarirai A.. 'n Visioen van die toekomstige nasie: 'n Kritiese waardering van Emmanuel Ngara se nasionalistiese visie in Songs from the Temple. Literator [online]. 2017, vol.38, n.1, pp.1-8. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v38i1.1323.

Hierdie artikel analiseer Emmanuel Ngara se digbundel Songs from the Temple. Die argument word gevoer dat Ngara 'n anti-koloniale, nasionalistiese diskoers in sy gedigte bevorder. Dit problematiseer die hegemoniese, koloniale narratiewe wat te kenne gee dat die swart ondergeskikte nie oor 'n geskiedenis, kultuur of beskawing voor die aankoms van die koloniale indringer beskik het nie. Ngara se hoofstrategie om hierdie aannames te bevraagteken, is om die florerende pre-koloniale kulture van die Shona mense voor te hou. Aan die een kant word hul geskiedenis en kulturele simbole beklemtoon en aan die ander kant die kunselemente van hul mondelinge kultuur. Hierdie artikel redeneer dat die inkorporering van oratuur in Ngara se geskrewe narratiewe van verset, die hegemoniese definisies van geskrewe digkuns ontwrig en ondermyn, alhoewel dit sy nasionalistiese visie in kulturele ruimtes anker, waarmee die swart ondergeskikte moontlik kan identifiseer.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License