SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Literator (Potchefstroom. Online)

On-line version ISSN 2219-8237
Print version ISSN 0258-2279

Abstract

SMIT, Lizelle. 'Uitgesprokenheid' en 'stilswye' in die memoirs van Petronella van Heerden. Literator [online]. 2017, vol.38, n.1, pp.1-11. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v38i1.1298.

Gegewe die beperkte akademiese navorsing aangaande die memoirs van Petronella van Heerden, poog hierdie artikel om 'n bydrae te lewer tot die gesprek rondom haar werke. Dit belig ook verder vroue se betrokkenheid by die (de/koloniale) politiek van Suid-Afrika en Afrikaners. Van Heerden se manipulasie van die outobiografiese genre om sodoende gekose inligting betreffende geslagongelykhede oor te dra aan die Afrikaansprekende jeug, word ondersoek. Verder oorweeg ek Van Heerden se teenstrydige wisseling tussen 'uitgesprokenheid' en 'stilswye' met betrekking tot die onderwerp van feminisme en lesbiese seksuele identiteit. Hierdie artikel illustreer Van Heerden se aanwending van sekere skrywerstegnieke om sodoende genderongelykhede, implisiet in hegemoniese en patriargale diskoerse, te kritiseer - 'n sentrale aspek van haar jong lewe wat moontlik aanleiding gegee het tot die vorming van 'n andersdenkende identiteit. Van Heerden se 'vaagheid' met betrekking tot die uitbeelding van haar lesbiese identiteit in die memoirs, word asook bespreek.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License