SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Literator (Potchefstroom. Online)

On-line version ISSN 2219-8237
Print version ISSN 0258-2279

Abstract

TEMBO, Nick M.. Ontheemtheid, oneindige fobies en liminaliteit in Senait Mehari se Heart of Fire. Literator [online]. 2017, vol.38, n.1, pp.1-8. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v38i1.1298.

In Senait Mehari se Heart of Fire word die nalatenskap van mishandeling in die kinderjare gereproduseer in die verhouding tussen die vader, Ghebrehiwet, en die dogter, Senait. Ghebrehiwet, 'n voormalige slagoffer van wreedhede, is 'n gebroke man met 'n identiteit wat tot gevolg het dat hy sy eie getraumatiseerde kinderjare en sy ontevredenheid met Eritrea se politieke sisteem op sy familielede projekteer. As gevolg van sy psigososiale kwessies, gee hy drie van sy dogters weg aan die Eritrean Liberation Front (ELF) om opgelei te word en te veg as kindersoldate. Gebaseer op traumastudies, postkoloniale teorieë asook huidige navorsing oor kindersoldaat-verhale, kyk die artikel na Mehari se uitbeelding van haar ervaringe met haar vader en later met haar mede-soldate gedurende die Tweede Eritrese Burgeroorlog. Meer spesifiek ondersoek dit die konsepte van ontheemdheid en liminaliteit, met verwysing na Mehari se uitbeelding van haar angs in die gespanne omgewing van haar ouerhuis en die opeenvolgende 'huise' van die verskeie ELF kampe waar sy as 'n kindersoldaat vertoef het. Met hierdie doel voor oë beskou die artikel Mehari se oneindige fobies as 'n herhalende motief in Heart of Fire.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License