SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Literator (Potchefstroom. Online)

versão On-line ISSN 2219-8237
versão impressa ISSN 0258-2279

Resumo

WEIDEMAN, Albert; DU PLESSIS, Colleen  e  STEYN, Sanet. Verskeidenheid, variasie en regverdigheid: Ekwivalensie by taalassesserings op nasionale vlak. Literator [online]. 2017, vol.38, n.1, pp.1-9. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v38i1.1319.

Suid-Afrika se post-1994 grondwet herbeklemtoon met trots die taalverskeidenheid van die land; so ook daaropvolgende wette. Ministeriële beleidsverklarings op beide verdere en hoëronderwysvlak bevorder insgelyks die gebruik van al 11 amptelike tale in die onderwys. Tog bied die erkenning van diversiteit verskeie uitdagings wat betref die akkommodering van potensiële variasie. In die geval van taalonderrig op sekondêre skoolvlak, wat nasionaal geassesseer word, lei die klem op verskeidenheid onmiddellik tot vrae oor regverdigheid en ekwivalensie. Die finale hoë impak-eksamen in Suid-Afrika van leerders se bemeestering van tuistale, wat geskied aan die einde van hul pre-tersiêre onderrig, is tans kontroversieel. Dit is byvoorbeeld bekend dat in die geval van sekere inheemse tale die uittreevlak-eksamens dit skaars regkry om te diskrimineer tussen leerlinge met verskillend vermoëns, terwyl in ander gevalle dit wel geskied. Om hierdie rede het die Raad vir Gehalteversekering in Algemene en Verdere Onderwys, Umalusi, reeds verskeie verslae aangevra ten einde die aard van die probleem beter te kan begryp. Hierdie stuk bespreek 'n vierde poging van Umalusi om die probleem te ondervang. As deel van daardie poging, wat onderneem is deur 'n konsortium van vier universiteite, is reeds ses tussentydse verslae aan hierdie statutêre liggaam voorgelê, en hierdie bydrae oorweeg die inhoud en metodologie daarvan. Deur die probleem te herkonseptualiseer, het die betrokke toegepaste taalkundiges eerstens gepoog om die teoretiese wortels van die huidige kurrikulum te identifiseer ten einde die konstruk wat geassesseer moet word, skerper te kan artikuleer. Daardie konstruk bied die basis vir die teoretiese begronding van die onderskeie oplossings wat voorgestel word, asook vir die voorlopige ontwerpe van modifikasies aan die huidige, en die invoer van nuwe assesserings. Die impak van ekwivalente meting as 'n ontwerpvoorwaarde sal spesifiek bespreek word met verwysing na die empiriese analises van resultate wat verkry is uit die voortoetse van ekwivalente toetse in verskillende tale.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons