SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Literator (Potchefstroom. Online)

On-line version ISSN 2219-8237
Print version ISSN 0258-2279

Abstract

LENZ, Renate. Michiel Heyns se Lost Ground: Die blanke man se sin vir identiteit en plek in 'n gedekoloniseerde Afrika en 'n demokratiese Suid-Afrika. Literator [online]. 2017, vol.38, n.1, pp.1-10. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v38i1.1329.

In Lost Ground (2011) beeld Michiel Heyns die posisie en ervaring van die voormalige blanke setlaars in Suid-Afrika, Afrika en Europa uit na die omverwerping van Suid-Afrika se apartheidsregering. 'n Ontleding van die roman illustreer dat die nalatenskap van die kolonisasie van Afrika en apartheid in Suid-Afrika steeds die setlaarafstammelinge se begrip van self en die ander asook hul plek in Suid-Afrika en Afrika beïnvloed. Na die verkiesingsoorwinning van die African National Congress neig hedendaagse blanke Suid-Afrikaanse mans, soos vergestalt deur die Engelssprekende manlike hoofkarakter wat in die roman figureer, om hulself te dissosieer van die land en die Afrika-kontinent as tuiste. Alhoewel die oorspronklike koloniseerders se ervaring van vervreemding en ambivalensie oor apartheid wyd uitgebeeld word, is die betekenis van hierdie ervaring met verwysing na wit Suid-Afrikaanse manlike identiteit nog nie ten volle nagevors in 'n studie van Heyns se Lost Ground nie, hoofsaaklik met betrekking tot die roman se speurvertellingsraamwerk en die teen-diskursiewe tegniek van intertekstuele verwysings wat ander interpretatiewe moontlikhede impliseer. Lost Ground word krities ontleed ooreenkomstig die hoofkarakter se ervaring van ruimte en plek, en die invloed van hierdie paradigmas op Peter Jacobs terwyl hy poog om historiese/rassebeperkings te oorkom en sy identiteit te vind in mense.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License