SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Literator (Potchefstroom. Online)

On-line version ISSN 2219-8237
Print version ISSN 0258-2279

Abstract

TALJAARD-GILSON, Gerda H.. Meditasies in 'n begraafplaas: 'n Verkenning van Afrikaanse grafdigters en kerkhofpoësie. Literator [online]. 2017, vol.38, n.1, pp.1-11. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v38i1.1315.

Die term 'kerkhofgedig' word selde in akademiese gesprekke oor die Afrikaanse poësie gehoor en dit kom nie voor in T.T. Cloete se Literêre terme en teorieë (1992) nie. Daar is drie redes vir hierdie leemte in die Afrikaanse literatuur: In die eerste plek het 'elegie' 'n sambreelterm geword vir die meeste gedigte waarin die digter sy smart of weemoed uitspreek oor 'n bepaalde gebeurtenis of toestand; dit wil sê, die klaaglied, grafrede, treursang, treurlied, in memoriam-gedig, dodeklag, lyksang, ensovoort. In die tweede plek word kerkhofpoësie geassosieer met (Engelse) agtiende-eeuse digters, nie met moderner Afrikaanse digters nie. Derdens is die 'gewone' elegie en die kerkhofgedig verwante digvorme wat heelparty kenmerke deel sodat dié twee genres soms moeilik onderskeibaar is. Die kerkhofgedig word met ander woorde nie soos in Engels, Frans, Duits en Nederlands as 'n onafhanklike digsoort met unieke eienskappe gesien nie. Nietemin is daar 'n paar Afrikaanse digters wat dié digvorm deur die dekades heen beoefen het. In hierdie artikel sal daar bepaal word of Afrikaanse kerkhofpoësie wel bestaan. Dit sal gedoen word deur middel van 'n historiese verkenning van kerkhofpoësie. Daarna sal tradisionele kerkhofgedigte met moderner gedigte vergelyk word. Dan sal die kerkhofgedig met die 'gewone' elegie vergelyk word. Ten slotte sal 'n duidelike definisie vir 'kerkhofpoësie' geformuleer word. Die volgende vrae word dus in hierdie artikel beantwoord: Wat is kerkhofpoësie en bestaan daar so 'n digvorm in Afrikaans?

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License