SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.37 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Literator (Potchefstroom. Online)

On-line version ISSN 2219-8237
Print version ISSN 0258-2279

Abstract

HARA, Agness  and  TAPPE, Heike. Die maak van afleidings en teksbegrip by tweetalige kinders: 'n Gevallestudie. Literator [online]. 2016, vol.37, n.2, pp.1-12. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i2.1287.

Hierdie studie ondersoek die prosesse waarmee 10-12 jarige tweetalig Malawiese kinders afleidings maak, nadat hulle na stories geluister het in hulle eerste taal (L1) (Chichewa) in vergelyking met stories in hulle sekondêre taal (L2) (Engels) of in strokiesfilms sonder enige verbale inhoud. Die 127 kinders wat aan die studie deelgeneem het, is in ses groepe verdeel volgens die verskillende metodes waarop die stimuli aangebied is. Stimuli het gevarieer ten opsigte van hulle modaliteit (nie-verbale film versus voorafopnames van stories) of die taal waarin die stimulus aangebied is (Engels of Chichewa). Die bevindings dui aan dat die vooraf-gemaakte klankopnames die maak van afleidings ondersteun as die woordelose films. Dit illustreer die belangrikheid van inhoud wat linguisties aangebied word. Die inhoud wat linguisties aangebied is, het selfs meer afleidings ontlok wanneer dit in die kinders se L1 (Chichewa) eerder as in hulle medium van akademiese instruksie (Engels) aangebied is. Die resultate dui egter ook aan dat die kinders van 'n privaatskool (waar Engels die medium van onderrig is) meer afleidings gemaak het as die kinders van 'n staatskool (waar Chichewa die onderrigmedium is). Verder het die bevindings aan die lig gebring dat, hoewel die kinders kennis uit verskeie kennisbasisse kon gebruik om afleidings te maak, die afleidingsproses verswak indien die storie-inhoud te veel van hulle eie ervarings afgewyk het. Laastens het ons bevind dat daar variasies in die afleidingspatrone is wat korreleer met die taal van die stimulus-materiaal en die respons.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License