SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.37 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Literator (Potchefstroom. Online)

On-line version ISSN 2219-8237
Print version ISSN 0258-2279

Abstract

VAN COLLER, Hendrik. T.T. Cloete as literêre kritikus, teoretikus en literatuurhistorikus (Deel 2): T.T. Cloete as literêr-historiese teoretikus. Literator [online]. 2016, vol.37, n.1, pp.1-7. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1316.

Daar is reeds beweer dat die bekende literatuurwetenskaplike en digter T.T. Cloete, volgens Siegfried Schmidt (1992) se definisie al vier rolle wat hy onderskei binne die literêre sisteem (dié van literêre produksie, verspreiding, resepsie en literêre verwerking), vertolk het. In hierdie tweede gedeelte van 'n tweedelige artikel word veral gekyk na Cloete se rol as literatuurhistorikus. Daar word gefokus op sy teoretiese (metodologiese) besinning oor die literatuurgeskiedenis. Dit is egter opvallend dat 'n historiese bemoeienis met die literêre werk eintlik na vore tree in al hierdie sogenaamde rolle waarvan Schmidt praat. Vir Cloete is die literêre werk enersyds ingebed in 'n historiese tydsraamwerk wat bepaalde hermeneutiese imperatiewe aan die kritikus oplê, byvoorbeeld morfologiese rekonstruksie van 'n historiese konteks; andersyds is die literêre teks hier-en-nou aanwesig en is dit toeganklik vir kundige lesers. Hieruit spreek 'n relativistiese kyk op literatuur, maar daarteenoor normatiwiteit, want vir Cloete is dit slegs die tekste wat kompleks en geïntegreerd is wat die tyd kan oorlewe. In die slot van hierdie artikel-tipies trouens van die narratiewe aanpak wat hier gevolg word (cf. Sools 2009:27), is daar naas 'n konfrontasie met die (metodologiese) uitgangspunte van Cloete oor die literatuurgeskiedenis ook selfkonfrontasie. 'n Persoonlike siening van die skryf van 'n literatuurgeskiedenis (as 'n implisiete huldebetoning aan Cloete) rond die argument af.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License