SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.37 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Literator (Potchefstroom. Online)

On-line version ISSN 2219-8237
Print version ISSN 0258-2279

Abstract

VAN COLLER, Hendrik. T.T. Cloete as literêre kritikus, teoretikus en literatuurhistorikus (Deel 1): Rubrieke, bloemlesings en literêre kritiek. Literator [online]. 2016, vol.37, n.1, pp.1-9. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1263.

In die eerste gedeelte van hierdie artikel in twee dele word gefokus op die narratiewe benadering in die wetenskap. Narratiewe navorsing is selde verklarend, maar eerder beskrywend en het 'n sogenaamde emansiperende inslag deurdat dit fokus op vergete of gemarginaliseerde verhale. Volgens Hyvärinen (2006:2011) was daar nie net sprake van een nie, maar vier 'narrative turns' sedert 1960: in die narratologie, historiografie, die metodologie en die sosiale wetenskappe. Hierdie benadering staan voorop in die onderhawige artikel deur die persoonlike aanpak, die gebruik van 'n gevallestudie en deur die fokus op 'n vergete of gemarginaliseeerde aspek van die oeuvre van T.T. Cloete. Die bekende literatuurwetenskaplike en digter T.T. Cloete het volgens Siegfried Schmidt (1992) se definisie al vier rolle wat hy onderskei binne die literêre sisteem (dié van literêre produksie, verspreiding, resepsie en literêre verwerking) vertolk. In hierdie eerste gedeelte van die artikel word veral gekyk na Cloete se rol as rubriekskrywer, bloemleser, skeppende skrywer en literêre kritikus.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License