SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.37 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Literator (Potchefstroom. Online)

versión On-line ISSN 2219-8237
versión impresa ISSN 0258-2279

Resumen

KALUA, Fetson. Protes en mite in die Malawiese literatuur: 1964-1990s. Literator [online]. 2016, vol.37, n.1, pp.1-6. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1255.

Na Malawi se onafhanklikheidswording van Britse heerskappy in 1964, moes sy burgers meer as drie dekades lank die uiters outokratiese regering van Dr Hastings Banda verduur. Merkwaardig genoeg was dié tydperk ook 'n bloeitydperk in die Malawiese letterkunde, 'n letterkunde waarin 'n nuwe generasie skrywers getoon hoe intens hulle betrokke was by die politiek deur 'n paar dwarsklappe na Dr Banda se tirannieke bewind uit te deel. Deur postkoloniale teorie as 'n lens vir kultuurontleding te gebruik, ondersoek hierdie artikel die werk van geselekteerde Malawiese skrywers wie se hooffokus dit was om aan te toon dat Malawi vasgevang was in die greep van die tipe politiek wat die bevolking in die uiterste wanhoop en moedeloosheid en gedompel het. Daarom ondersoek die skrywer literêre werke deur Malawiese skrywers soos Legson Kayira, Frank Chipasula, Felix Mnthali, Jack Mapanje en Steve Chimombo ten einde die ambivalensie van kulturele identiteit te demonstreer wat sigbaar word in die betrokke werke oor die persoonlike vrese, angs en frustrasies in dié tydperk van onderdrukkende politiek en politieke hardhandigheid. Die skrywers van hierdie spesifieke generasie het dus tekste gelewer wat die pyn, ongemak en 'malaise' in hierdie postkoloniale staat weerspieël het, asook die dienooreenkomstige identiteitskrisis wat soveel pyn vir die mense tot gevolg gehad het. Die argument van hierdie artikel is dat die betreurenswaardige politieke toestand in Malawi 'n kulturele identiteit tot stand gebring het wat verwarrend en verward was, en dat dit uitdrukking gevind het in die werke wat ondersoek word.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons