SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.37 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Literator (Potchefstroom. Online)

versión On-line ISSN 2219-8237
versión impresa ISSN 0258-2279

Resumen

RAFAPA, Lesibana. Mondelinge literatuur en die ontwikkeling van die Jafta-gaan-stad-toe-motief: 'n Paar vroeë Noord-Sotho romans vergelyk met post-apartheidromans in Engels. Literator [online]. 2016, vol.37, n.1, pp.1-6. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1251.

Die voortsetting van diskoerse in literatuur in die Afrikatale uit die apartheidstyd gekenmerk deur die mokgoweng-motief in Engelse literatuur deur swart skrywers in die post-apartheidsjare, is nog nie behoorlik bestudeer nie. In hierdie artikel ondersoek ek die wyse waarop karakters uit die Noord-Sotho-taal- en kultuurgroep oor tyd heen dieselfde bewussyn openbaar in albei kategorieë romans. Ek gebruik die kwalitatiewe metode en ontleed sowel primêre tekste in Noord-Sotho geskryf voor die koms van demokrasie as geselekteerde Engelse romans deur swart mense uit die post-apartheidera. Ek fokus op die mokgoweng-motief om die aard van die kontinuïteit in tema en beskouing te ondersoek. Ek het bevind dat die betrokke tekste 'n volhoubare identiteit openbaar wat bo taalgrense en tyd uitstyg. Die sosiale funksie van sulke soort karakterisering, verteenwoordigend van die voorheen onderdrukte swart mense, openbaar hul soeke na selfdefinisie in die moderne wêreld. Die uitgebeelde karakters dui die vermoë van swart mense aan om die moderne era op 'n manier vir hulle toe te eien wat tog hulle kenmerkende lewensuitkyk bewaar. Die kultuurgroepe wat Noord-Sotho praat, vertoon derhalwe 'n bewussyn wat konsekwent bly, maar hulle in staat stel om wel met verloop van tyd behoorlik aan te pas by 'n steeds ontwikkelende moderne en globaliserende omgewing. Die implikasie is dat 'n vergelyking van literatuur in swart Suid-Afrikaanse Engels met dié wat in inheemse tale geskryf is, die studie van swart Suid-Afrikaanse literatuur in Engels verryk.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons