SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.37 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Literator (Potchefstroom. Online)

versión On-line ISSN 2219-8237
versión impresa ISSN 0258-2279

Resumen

SEWLALL, Harry. Envisioning dystopia: Eben Venter's Art of Darkness. Literator [online]. 2016, vol.37, n.1, pp.1-7. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1238.

Sedert die verskyning van Joseph Conrad se novelle, Heart of Darkness, uitgegee as vervolgverhaal in 1899, was daar al verskeie pogings om Conrad se teks te 'herskryf', al was die verwantskap met die meesterteks dikwels gering of selfs twyfelagtig. Nog 'n herskrywing van Conrad se teks is Eben Venter se roman Trencherman, aanvanklik in Afrikaans uitgegee as Horrelpoot. Hierdie teks volg die meesterteks baie nougeset na, nie slegs deur aanhalings daaruit as motto's vooraan elke hoofstuk te gebruik nie, maar ook deur beelde en woorde uit die oorspronklike teks op ooglopende of bedekte wyse in die narratief in te weef. Die vrae waarmee 'n leser soos ek, wat nie vertroud is met Afrikaans nie, gekonfronteer word, is of dit 'n geval van plagiaat is of 'n oefening in intertekstualiteit en of die boek eerder 'n poging is om sensasie te wek ten einde meer boeke te verkoop. Hierdie vrae vorm die basis vir 'n intertekstuele verkenning van die twee tekste, wat neerkom op 'n stiplees van Conrad se teks langs Trencherman ten einde die intertekstuele skakels tussen die twee tekste te identifiseer. Teoreties is die artikel gebaseer op die werk van Kristeva en Barthes. Die ondersoek het bevestig dat Trencherman inderdaad 'n oefening in intertekstualiteit is, nie slegs as intertekstualiteit nie, maar eerder as 'n in-gesprek-tree met Conrad se meesterteks. Daaruit volg die slotsom dat Trencherman 'n geldige intertekstuele antwoord is op Heart of darkness wat Conrad se beroemde novelle dekonstrueer en die draaiboek daarvan transponeer na 'n distopiese, post-demokratiese Suid-Afrika.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons