Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Literator (Potchefstroom. Online)
versión On-line ISSN 2219-8237
versión impresa ISSN 0258-2279
Resumen
VAN NIEKERK, Jacomien. Meestal 'swart' en 'wit': 'Ras', medepligtigheid en restitusie in die nie-fiksie van Antjie Krog. Literator [online]. 2016, vol.37, n.1, pp.1-10. ISSN 2219-8237. http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1264.
Hierdie artikel ontleed die rol van 'ras' in Antjie Krog se nie-fiksie trilogie Country of My Skull (1998), A Change of Tongue (2003) en Begging to Be Black (2009). Haar uitdruklike gebruik van terme soos 'heart of whiteness' en 'heart of blackness' word verken, tesame met aantygings van essensialisering van Afrika en 'swart' mense. Ook aantygings van rassisme teen Krog se werk word ondersoek. Die herhaaldelike vraag waarom Krog so vasbeslote gefokus bly op 'ras' word gedeeltelik beantwoord deur die begrip medepligtigheid te betrek. Krog skryf met onmiskenbare spesifisiteit oor 'wit' daders en 'swart' slagoffers in Suid-Afrika, maar haar trilogie moet binne die breër konteks van internasionale diskoerse oor restitusie gelees word. Dit plaas Krog se bydrae tot die debat oor die vraag of 'wit' mense tot (Suid-)Afrika kan behoort in 'n ietwat ander perspektief.