SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.37 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Literator (Potchefstroom. Online)

On-line version ISSN 2219-8237
Print version ISSN 0258-2279

Abstract

VAN NIEKERK, Jacomien. Meestal 'swart' en 'wit': 'Ras', medepligtigheid en restitusie in die nie-fiksie van Antjie Krog. Literator [online]. 2016, vol.37, n.1, pp.1-10. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1264.

Hierdie artikel ontleed die rol van 'ras' in Antjie Krog se nie-fiksie trilogie Country of My Skull (1998), A Change of Tongue (2003) en Begging to Be Black (2009). Haar uitdruklike gebruik van terme soos 'heart of whiteness' en 'heart of blackness' word verken, tesame met aantygings van essensialisering van Afrika en 'swart' mense. Ook aantygings van rassisme teen Krog se werk word ondersoek. Die herhaaldelike vraag waarom Krog so vasbeslote gefokus bly op 'ras' word gedeeltelik beantwoord deur die begrip medepligtigheid te betrek. Krog skryf met onmiskenbare spesifisiteit oor 'wit' daders en 'swart' slagoffers in Suid-Afrika, maar haar trilogie moet binne die breër konteks van internasionale diskoerse oor restitusie gelees word. Dit plaas Krog se bydrae tot die debat oor die vraag of 'wit' mense tot (Suid-)Afrika kan behoort in 'n ietwat ander perspektief.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License