SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.37 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Literator (Potchefstroom. Online)

On-line version ISSN 2219-8237
Print version ISSN 0258-2279

Abstract

JACOBS, Johan U.. Die trauma van tuiste en (nie)behoort in Zimbabwe en sy diaspora: 'Omsettingsversteuring' in Shadows deur Novuyo Rosa Tshuma. Literator [online]. 2016, vol.37, n.1, pp.1-11. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1237.

Die hernude xenofobiese aanvalle in Maart en April 2015 in Durban, Johannesburg en Kaapstad, die roof, afbrand van huise en winkels, lewensverlies, en vlug van duisende vreemde Afrikane na toevlugskampe, het nie alleen die hele kwessie rondom die Afrika-diaspora in Suid-Afrika na vore gebring nie, maar ook die vraag oor die betekenis van die begrippe 'tuiste' en 'tuisland' binne 'n diasporiese verband. In Shadows, wat in 2014 met die Herman Charles Bosman-prys bekroon is, beeld die Zimbabwiese skryfster Novuyo Rosa Tshuma die ontwrigte lewensomstandighede in die hedendaagse Zimbabwe uit, asook die hervestiging en dubbele vervreemding van die diasporiese Zimbabwiër-gemeenskap in Suid-Afrika. Die teks bestaan uit 'n novelle, 'Shadows', en vyf ander kortverhale, en kan bes beskou word as 'n verhaalsiklus, waarbinne the afsonderlike verhale verbind word deur die tema van diaspora en ook deur 'n aantal herkenbare diasporiese situasies en beelde. Die artikel put uit 'n reeks opvattings oor diaspora, insluitende die Afrika- en binne-Afrika diaspora, en huidige navorsing oor Zimbabwe en sy diaspora. Die dubbelsinnige begrippe van tuiste en samehorigheid, insluitingen uitsluiting, word ondersoek na aanleiding van Tshuma se uitbeelding van die alledaagse township-lewe in Mugabe se Zimbabwe met sy voedseltekorte, algemene gebrek aan middele, en vernielde ekonomie, en hierteenoor, die randbestaan van die hedendaagse Zimbabwe-diaspora in Johannesburg met sy gewelddadige vervolging en korrupte magsmisbruike teen onwettige immigrante. Die artikel stel voor dat die psigogeniese toestand van 'omskakelingsversteuring', wat Tshuma beklemtoon in een van haar verhale, as 'n metafoor kan dien vir die paradoksale diasporiese vereenselwiging met, en vervreemding van, 'n tuiste, gemeenskap en tuisland in Zimbabwe sowel as in die onvriendelike gasheerland, Suid-Afrika.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License