SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.37 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Literator (Potchefstroom. Online)

On-line version ISSN 2219-8237
Print version ISSN 0258-2279

Abstract

FIELD, Roger M.. Freud, Said, and the ancient and classical worlds. Literator [online]. 2016, vol.37, n.1, pp.1-8. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1234.

Sigmund Freud se lesing van die klassieke en die Griekse mitologie is goed gedokumenteer. In teenstelling daarmee, het Edward Said se lesing van Freud min aandag ontvang. Hierdie artikel stel drie hoofkwessies aan die orde: Wat Said en Freud oor antieke en klassieke Griekse literatuur gedink het en hoe hulle dit gebruik het; die wyse waarop Said Freud se lesing van die antieke en klassieke wêreld gelees het; die betekenis van ambivalensie en analogie vir hierdie lesings. Die gevolgtrekking van die artikel is dat daar ʼn noodwendige verwantskap tussen analogie en ambivalensie bestaan. Hoofsaaklik chronologies aangepak, steun hierdie lesing ook op Freud se opvattings oor latentheid en repressie om aan te toon hoe Said se opvattings oor ambivalensie en analogie verander het. In die geval van Said, is dit moontlik om sommige van die veranderings toe te skryf aan die impak van Bernal se Black Athena, wat hom aangemoedig het om die opvattings van die antieke Griekse samelewing onderliggend aan Oriëntalisme te heroorweeg, en aan die narratief wat Bernal geïnspireer het, naamlik Kuhn se The structure of scientific revolutions. Latentheid en repressie maak dit moontlik om voorgeskiedenisse postuleer. Die artikel ondersoek derhalwe ook die wyse waarop Freud en Said verplig was om kontinuïteite tussen voorgeskiedenis en geskiedenis, en tussen individuele en massapsigologie te veronderstel.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License