SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.37 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Literator (Potchefstroom. Online)

versión On-line ISSN 2219-8237
versión impresa ISSN 0258-2279

Resumen

VILJOEN, Louise. Antjie Krog se bundel Mede-wete/Synapse as 'n uitdaging tot nuwe vorme van vergelykende lees. Literator [online]. 2016, vol.37, n.1, pp.1-11. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1271.

Hierdie artikel lees Antjie Krog se bundel Mede-wete en die Engelse weergawe daarvan Synapse (beide gepubliseer in 2014) teen die agtergrond van Rebecca Walkowitz se voorstel dat die toekoms van die vergelykende literatuurstudie die konsep van uitheemse lesing (foreign reading) sal insluit. In haar bydrae tot die American Association of Comparative Literature se verslag oor die stand van die dissipline van vergelykende literatuurstudie in 2015 (http://stateofthediscipline.acla.org) argumenteer Walkowitz dat literêre tekste toenemend die wêreld binnekom in verskillende tale en dat dit lesings vereis wat wegbeweeg van die idee dat literêre tekste aan 'n bepaalde taal 'behoort', wat ondersoek sal instel na die verskillende maniere waarop hulle gelees word in verskillende tale en wat erken dat literêre tekste bestaan in die ruimte geskep deur 'n taal se verhouding met ander tale. Die artikel neem Walkowitz se observasies as die uitgangspunt vir 'n bespreking van die wyse waarop Krog se bundel (1) die taal Afrikaans vreemd maak sodat dit deel kan word van 'n intergekonnekteerde geheel, (2) daarop aandring dat lesers, kritici en literatore buite die beperkinge van taal-gebaseerde literêre sisteme beweeg, en (3) lesers dwing om verskillende soorte lesings, waaronder gedeeltelike (partial) lesings en deelnemende of samewerkende (collaborative) lesings, te beoefen sodat hulle deel kan word van 'n groter gemeenskap.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons