SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.37 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Literator (Potchefstroom. Online)

On-line version ISSN 2219-8237
Print version ISSN 0258-2279

Abstract

GRAY, Rosemary A.. Die pleidooi vir die digterlike in Ben Okri se stokus uit Tales of freedom (2009). Literator [online]. 2016, vol.37, n.1, pp.1-10. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1233.

Hierdie artikel illustreer die tema van die poëtiese in Ben Okri sestokus uit sy Tales of freedom. Dit ondersoek hierdie nuwe literêre vorm en die gelukkige (maar onbedoelde) saamval van denke en poësie (serendipiteit) daarin. As 'n skielike insig, word serendipiteit in die Nigeriese skrywer se hande 'n digterlike kunsgreep vergelykbaar met illuminasie of epifanie. Die inleiding is 'n poging om die onderlinge verwantskap aan te dui tussen poësie en denke, enersyds, en digterlike ervaring, kreatiewe bewussyn en serendipiteit, andersyds. Daarna volg 'n kort uitweiding oor die gebrek aan kritiese reaksie op hierdie prosaversameling, gevolg deur 'n gefokusde bespreking van die vertelling in die algemeen, en die stoku, in die besonder. Hierdie elliptiese vorm, wat Ben Okri die stoku noem, is, soos hy sê in Tales of freedom sê, 'n 'amalgaam van kortverhaal en haikoe'. Daarop volg 'n vergelyking tussen die konvensies van die antieke Japannese kunsvorm van die tanka of haikoe (kort gedigte), ook bekend as waku, waarin die digter sy kreatiewe geestigheid (Engels wit, afgelei van die Angel-Saksiese witan, 'weet') ten toon stel, en Okri se nuwer kunsvorm, die stoku. Die kern van die artikel is 'n kort analise van 'n aantal van Okri se 13 rapsodieë in prosa, wat aantoon dat elke stoku 'n oomblik van insig, visie of 'n paradoks digterlik vasvang. In Okri se Tales of freedom onthul die mitiese samevloeiing van kortverhaal en haikoe tot nog toe verborge aspekte van die lewe. Deur hierdie innoverende medium, verwant aan blitsstories, kan die onbewuste onbekende wêrelde belig. Dit is soortgelyk aan die ervaring van serendipiteit, verwant aan innerlikheid en innerlike visie. Ten slotte word die digterlike (maar indirekte) serendipiteit in die gekose stoku aangedui.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License