SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 issue1How 'religious' is religion and how 'natural' is naturalness? On the question of the naturalness of religionThe biblical ethics of work: A model for African nations author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Verbum et Ecclesia

On-line version ISSN 2074-7705
Print version ISSN 1609-9982

Abstract

VAN TONDER, Barend J.. Prakties-teologiese riglyne vir die drie kategorieë van visuele prediking. Verbum Eccles. (Online) [online]. 2011, vol.32, n.1, pp.1-11. ISSN 2074-7705.  http://dx.doi.org/10.4102.ve32i1.388.

Met die verskyning van die TV-medium binne die Suid-Afrikaanse milieu in die laat sestigerjare en vroeë sewentigerjare (vgl. Barnard 2009:192), het 'n nuwe wyse van kommunikasie die lig gesien. Grotendeels het dit meegebring dat die kommunikasiemedium van die woord deur die kommunikasiemedium van die beeld vervang is (vgl. Sweet 1999:200).Visuele kommunikasie het die mees ingrypende verskuiwing geword wat oor die afgelope vyf dekades plaasgevind het. Uiteraard het dit 'n nuwe generasie na vore gebring, wat as die visuele generasie bekend staan, en binne die visuele taalkode kommunikeer. Visuele uitbeelding word in hierdie artikel gestel as 'n legitieme vorm van homiletiese aanbieding naas die oratoriese aanbieding van die prediking. In hierdie artikel word drie kategoriee van visuele prediking word geidentifiseer, naamlik, (1) die visuele beeldpreek, (2) die visuele uitbeeldingspreek en die (3) visuele verbeeldingspreek. Praktiese riglyne vir elke vorm van visuele prediking word in hierdie artikel ontwikkel, sodat die visuele geletterdheid van die prediker kan verhoog.

        · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License