SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.21 número1The link between poverty and malnutrition: A South African perspective índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

VINCK, Bart; FREEMAN, Jessica  y  SOER, Maggi. Short-term effects of simultaneous cardiovascular workout and personal music device use on the outer hair cell function of young adults. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2016, vol.21, n.1, pp.323-330. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.1016/j.hsag.2016.01.004.

AGTERGROND: Blootstelling aan geraas tydens ontspanningsaktiwiteite, soos die gebruik van persoonlike musiektoestelle (PMT), veroorsaak toenemende kommer met betrekking tot moontlike ontwikkeling van gehoorverlies. DOELWITTE: Die doel van die navorsing was om die differensiële impak en korttermyn gevolge van gelyktydige kardiovaskulêre oefening en PMT gebruik op die buitenste haarselfunksionering van jong volwassenes te bepaal. METODE: Tydens die studie is 'n kwantitatiewe pre-toets post-toets navorsingsbenadering gebruik waartydens twaalf deelnemers blootgestel is aan drie afsonderlike toetsomstandighede van een uur elk: (i) PMT gebruik in isolasie, (ii) kardiovaskulêre oefening in isolasie, en (iii) gelyktydige kardiovaskulêre oefening en PMT gebruik. Distorsieproduk oto-akoestiese emissies (DPOAE) is uitgevoer voor- en na blootstelling aan bogenoemde omstandighede as die primêre aanduiding van kogleêre response wat ontlok word deur 'n vasgestelde stimulus frekwensie patroon wat 2f₁ - f₂ (75-70 dBSPL) meet en voorstel as'n grafiek van DPOAE as 'n funksie van frekwensie. RESULTATE: Die individuele toetsomstandighede het in isolasie geen statisties beduidende verskille in DPOAE amplitudes getoon nie. Statisties beduidende verskille in DPOAE amplitudes van die hoë frekwensies (6-8 kHz) is verkry tydens die vergelyking tussen die verskillende toetsomstandighede. Blootstelling aan kardiovaskulêre oefening alleenlik het 'n duidelike tendens van verhoogde DPOAE amplitudes tussen voor - en na blootstelling tussen 2 kHz en 8 kHz, met 'n maksimum by 6 kHz, getoon. Beide die musiek in isolasie en gekombineerde omstandighede het 'n duidelike afname in DPOAE amplitudes tussen voor - en na blootstelling getoon. GEVOLGTREKKING: Hierdie bevindinge ondersteun die teorie dat kardiovaskulêre oefening 'n invloed op buitenste haarselfunksionering van hoë frekwensies kan hê, soos gemeet deur DPOAEs in die teenwoordigheid en afwesigheid van musiek. Verlaagde DPOAE amplitudes tussen 2 kHz en 8 kHz is geobserveer tydens musiektoestel blootstelling en die teenoorgestelde effek is waargeneem vir kardiovaskulêre oefening in isolasie

Palabras clave : Personal music device; Cardiovascular workout; Outer hair cell function; Otoacoustic emissions.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons