SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.21 número1Retaining professional nurses in South Africa: Nurse managers' perspectivesFactors affecting mothers' choice of breastfeeding vs. formula feeding in the lower Umfolozi district war memorial hospital, KwaZulu-Natal índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

JANSE VAN RENSBURG, Liska; NEL, Riette  y  WALSH, Corinna M.. Knowledge, opinions and practices of healthcare workers related to infant feeding in the context of HIV. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2016, vol.21, n.1, pp.129-136. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.1016/j.hsag.2015.12.001.

AGTERGROND: Die waarde van die leiding wat gesondheidsorgwerkers aan vroue wat met menslike immuniteitsgebrekvirus (MIV) gemfekteer is, ten opsigte van babavoeding prak-tyke verskaf, kan nie oorbeklemtoon word nie. DOEL: Om die kennis, opinies en praktyke van gesondheidsorgwerkers in kraamsale in 'n plaaslike hospitaal in Bloemfontein, Vrystaat Provinsie, Suid-Afrika, ten opsigte van babavoeding in die konteks van MIV te bepaal. METODES: Vir hierdie beskrywende dwarssnit studie was alle gesondheidsorgwerkers in die kraamsale van Pelonomi Streekshospitaal wat vrywillig gedurende afgespreekte verga-derings ingeligte toestemming verskaf het (n = 64), in die studie ingesluit en het die self-toegediende vraelyste oorhandig. RESULTATE: Slegs 14% van die respondente het hulself as kundiges in MIV en babavoeding geag. Bykans 97% het gevoel dat borsvoeding 'n uitstekende voedingsopsie is indien gepaste riglyne gevolg word. Tog het 10% aangedui dat formule voeding die veiligste voedingsopsie is. 45% het verklaar dat die gebruik van hitte-behandelde borsmelk 'n goeie opsie is; terwyl 29% aangedui het dat dit 'n goeie opsie is maar dat dit te veel werk vereis. Slegs 6% kon die term "eksklusiewe borsvoeding" soos deur die Wereld Gesondheidsor-ganisasie (WGO) gedefinieer, omvattend beskryf. Verwarring het bestaan rakende die periode wat 'n baba geborsvoed kan word volgens die nuutste WGO riglyne, met slegs 26% wat die korrekte antwoord verskaf het. Twintig persent het aangedui dat daar geen risiko van MIV oordrag via borsvoeding bestaan indien die nodige riglyne gevolg word nie. GEVOLGTREKKING: Gesondheidsorgwerkers se kennis het nie gunstig met die huidige WGO riglyne vergelyk nie, inaggenome dat hierdie gesondheidsorgwerkers in kraamsale werk waar MIV-geïnfekteerde vroue op 'n gereelde basis advies rakende babavoeding soek

Palabras clave : Infant feeding; HIV; Knowledge; Opinion; Practice; Healthcare.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons