SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.20 número1The BETA® nursing measure: Calibrating construct validity with Rasch analysesThe development of a model for dealing with secondary traumatic stress in mental health workers in Rwanda índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 1025-9848

Resumen

FREEKS, Fazei Ebrihiam; STRYDOM, Corinne  y  BARTLETT, Elretha. Die impak van afwesige vaders op adolessente dogters se psigososiale welstand. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2015, vol.20, n.1, pp. 45-58. ISSN 1025-9848.  http://dx.doi.org/10.10167J.HSAG.2015.03.002.

Daar is bevind dat baie kinders in Suid-Afrika sonder die betrokkenheid van 'n biologiese vader, grootword. Die afwesigheid van 'n ouer binne die gesinsisteem bring 'n vakuum in die ouerskapsrol mee en oefen 'n negatiewe invloed uit op 'n gesin se vermoë om doeltreffend te funksioneer. Met hierdie studie is die impak van afwesige vaders op die welstand van adolessente dogters ondersoek. Die studie is in twee fases verdeel. Tydens die eerste fase is semi-gestruktureerde onderhoude gevoer met ses dogters by wie die vader afwesig was. Die deelnemers se persoonlike menings van die impak wat hulle vaders se afwesigheid op hulle lewens gehad het, is in temas uiteengesit. Die kwalitatiewe data wat uit die onderhoude verkry is, is benut deurdat veranderlikes geïdentifiseer is wat in die tweede fase getoets kon word. Vir die tweede fase het 30 adolessente vraelyste ingevul. Hierdie bevindings is statisties weergegee. Die twee stelle bevindings is met mekaar vergelyk. Dit wil voorkom of die adolessente dogters 'n groot aantal onvervulde behoeftes het wat aan die afwesigheid van hulle vaders toegeskryf kan word. Hulle het behoefte daaraan om tyd saam met hulle vaders deur te bring en om 'n hegte band met hom op te bou. Die deelnemers het genoem dat hulle moeders beide die rol van moeder en vader vervul en deels vergoed vir die afwesigheid van hulle vaders. Die data wat deur hierdie studie ingesamel is, sal vaders help om 'n beter idee te kry van hulle waarde binne die gesinstruktuur.

Palabras clave : Sleutelterme; Impak Afwesige vaders; Adolessente dogters; Psigososiale welstand.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License