SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.20 issue1Depth of poverty in an informal settlement in the Vaal region, South AfricaThe lived experiences of late-adolescent female suicide survivors: 'A part of me died' author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

FREEKS, Fazei Ebrihiam; STRYDOM, Corinne  and  BARTLETT, Elretha. Die impak van afwesige vaders op adolessente dogters se psigososiale welstand. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2015, vol.20, n.1, pp.45-58. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.10167J.HSAG.2015.03.002.

Daar is bevind dat baie kinders in Suid-Afrika sonder die betrokkenheid van 'n biologiese vader, grootword. Die afwesigheid van 'n ouer binne die gesinsisteem bring 'n vakuum in die ouerskapsrol mee en oefen 'n negatiewe invloed uit op 'n gesin se vermoë om doeltreffend te funksioneer. Met hierdie studie is die impak van afwesige vaders op die welstand van adolessente dogters ondersoek. Die studie is in twee fases verdeel. Tydens die eerste fase is semi-gestruktureerde onderhoude gevoer met ses dogters by wie die vader afwesig was. Die deelnemers se persoonlike menings van die impak wat hulle vaders se afwesigheid op hulle lewens gehad het, is in temas uiteengesit. Die kwalitatiewe data wat uit die onderhoude verkry is, is benut deurdat veranderlikes geïdentifiseer is wat in die tweede fase getoets kon word. Vir die tweede fase het 30 adolessente vraelyste ingevul. Hierdie bevindings is statisties weergegee. Die twee stelle bevindings is met mekaar vergelyk. Dit wil voorkom of die adolessente dogters 'n groot aantal onvervulde behoeftes het wat aan die afwesigheid van hulle vaders toegeskryf kan word. Hulle het behoefte daaraan om tyd saam met hulle vaders deur te bring en om 'n hegte band met hom op te bou. Die deelnemers het genoem dat hulle moeders beide die rol van moeder en vader vervul en deels vergoed vir die afwesigheid van hulle vaders. Die data wat deur hierdie studie ingesamel is, sal vaders help om 'n beter idee te kry van hulle waarde binne die gesinstruktuur.

Keywords : Sleutelterme; Impak Afwesige vaders; Adolessente dogters; Psigososiale welstand.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License