SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 número1The link between poverty and malnutrition: A South African perspective índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

PHILI, Rogerio. Health workers' perspectives on implementation of an integrated medical male circumcision strategy in KwaZulu-Natal, South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.1-8. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/HSAG.V19I1.810.

AGTERGROND: Die implementering van vrywillige mediese manlike besnyding (VMMC) is 'n integrale deel van KwaZulu-Natal provinsie se MIV-voorkomingstrategie, wat ander programme soos MIV-berading, siftingstoetse (HCT) en die behandeling van seksuele oordraagbare siektes (STI), asook ander seksuele en reproduksie-gesondheidsdienste (geïntegreerde VMMC) insluit. Dit volg op die resultate van ewekansige gekontroleerde steekproewe wat 'n doeltreffendheid getoon het van tot 60% vermindering in HIV-risiko onder mans wat besny is. Die implementering van die strategie het plaasgevind ten spyte van die afwesigheid van kennis van operasionele struikelblokke of aanvaarding deur gesondheidswerkers (HCWs DOELWITTE: Die studie is daarop gerig om HCW se perspektiewe en hindernisse vir die implementering van die VMMC program by die openbare sektor se gesondheidsfasiliteite te verken, ten einde die uitvoering van die beleid vas te stel METODE: Die doelgerigte kwotasteekproefmetode is gebruik om HCW deelnemers vir fokusgroepbesprekings (FGDs) op drie studieterreine te kies. Deelnemers is oop vrae gevra met behulp van 'n onderhoudskedule gebaseer op 'n literatuuroorsig van die aanvaarbaarheid en persepsies aangaande die voorsiening van die strategie. Tematiese analise is in ooreenstemming met die doelwitte van die studie gedoen RESULTATE: Die aanvaarbaarheid van VMMC was hoog onder die deelnemers, maar 'n paar probleemareas is geïdentifiseer: beperkte kennis van belangrike begrippe van die strategie, personeelrolverwarring, geleenthede vir kliëntwerwing en infrastruktuurbeperkings. Negatiewe persepsies het ingesluit: oortuigings dat VMMC die gebruik van kondome sou voorkom, die stigma wat verband hou met onbesnede HIV-positiewe mans en die persepsie van onderdrukte seksuele gedrag by mans wat besny is

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons