SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 issue1The link between poverty and malnutrition: A South African perspective author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

NAIDOO, Saloshni; MAHOMED, Ozayr H.; ASMALL, Shaidah  and  TAYLOR, Myra. Nurses' knowledge of chronic disease management. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.1-8. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/HSAG.V19I1.809.

AGTERGROND: Chroniese lewenstylsiektes beïnvloed Suid-Afrikaners nadelig. Die nasionale gesondheidsversekering, wat ten doel het om sorg te verbeter, vereis kapasiteitsbou vir verpleegsters by primêre-sorg-klinieke om sodoende toepaslike dienslewering te verseker DOELWITTE: Hierdie studie se doel was te evalueer wat die impak van die 'Primary Care 101' chroniese siekte bestuursriglyn, asook opleiding is op verpleegsters se kennis van hoe om chroniese siektes te bestuur METODE: 'n Bevolkingsgebaseerde, onverblinde, ewekansige gekontroleerde trossteekproef met ingrypings- (n = 20) en kontrole-klinieke (n = 10) is oor 'n tydperk van ses maande in 2012 in drie Suid-Afrikaanse distrikte uitgevoer. Verpleegsters in hierdie klinieke het deelgeneem aan 'n opname oor hul kennis oor die bestuur van tuberkulose, menslike immuniteitsgebreksvirus-infeksie, geestesgesondheid, epilepsie, diabetes, hoë bloeddruk, asook asma en chroniese obstruktiewe longsiekte (COPD). Alle verpleegsters is by die basislyn ondervra en ses maande later. Intervensie kliniekverpleegsters is ook ondervra onmiddellik na die opleiding en drie maande post-opleiding. Data is ontleed met behulp van SPSS, weergawe 19 (SPSS Inc, Chicago, IL). Totale gemiddelde kennis persentasietellings is vir elke chroniese siekte bereken. Veranderinge in die gemiddelde kennis persentasietellings tussen die basislyn en ses maande later is onder alle verpleegsters, asook tussen ingrypings- en kontrole-kliniekverpleegsters vergelyk met behulp van die gepaarde steekproef t-toets en die onafhanklike steekproef t-toets onderskeidelik RESULTATE: Daar was 'n aansienlike verbetering in verpleegsters se kennis oor die bestuur van hoë bloeddruk en diabetes na ses maande. Kennis oor die bestuur van asma en COPD het in alle distrikte en verpleegster-kategorieë afgeneem GEVOLTREKKING: Die verbetering in die verpleegsters se kennis kan verbeterde pasiëntbestuur verseker, maar die bestuur van asma en COPD vereis verdere aandag

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License