SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 número1The link between poverty and malnutrition: A South African perspective índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

LOUW, Amanda; LAWRENCE, Heather  e  MOTTO, Jenny. Mammographer personality traits - elements of the optimal mammogram experience. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.1-7. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/HSAG.V19I1.803.

AGTERGROND: Mammografie word nie optimaal deur pasiënte as diagnostiese en siftingsmetode vir borskanker ondersteun nie, deels as gevolg van pasiënte se negatiewe perspepsies daarvan, wat aan 'n veskeidenheid faktore toegeskryf kan word DOELSTELLINGS: Die doel van hierdie studie was om van die faktore wat pasiënte se persepsies beïnvloed, te ondersoek. Pasiënte se persepsies en voorkeure ten opsigte van mammograwe se persoonlikheidseienskappe word in hierdie artikel bespreek METODE: In dié beskrywende, verkennende studie is 'n nie-waarskynlikheid-gerieflikheidsteekproef-metode gebruik om data van 274 mammogram-pasiënte in vier kliniese opleidingsentrums in Gauteng met behulp van 'n vraelys in te win. Die respondente moes die belangrikheid van 24 persoonlikheidseienskappe van mammograwe beoordeel. Geldigheid, betroubaarheid, geloofwaardigheid en etiese oorwegings is in ag geneem RESULTATE: Van al die vraelyste is 91% ingehandig. Die data is met behulp van beskrywende statistiek en faktoranalise geïnterpreteer, en vier faktore is uit die persoonlikheidskaal geïdentifiseer GEVOLGTREKKING: Dit blyk dat pasiënte mammograwe beoordeel volgens die vertroue wat hulle inboesem, die sorg wat hulle verleen, hoe veilig hulle pasiënte laat voel, asook hoe goed hulle kommunikeer. Aangesien die mammograaf-pasiënt-verhouding pasiënte se indrukke van mammogramme sterk beïnvloed, kan hierdie vier faktore as fundamentele elemente van 'n optimale mammogram-ondersoek beskou word

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons