SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 número1Quality-of-life experiences from the perspective of patients receiving haemodialysis for chronic renal failure índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

SEROBATSE, Mosidi B.; DU PLESSIS, Emmerentia  y  KOEN, Magdalena P.. Interventions to promote psychiatric patients' compliance to mental health treatment: A systematic review. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.01-10. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/hsag.v19i1.799.

AGTERGROND: Geen-samewerking met behandeling bly steeds een van die grootste uitdagings in geestesgesondheidsorgdienste, en genoegsame kennis oor hoe om dit te verbeter, is steeds 'n probleem. DOELWIT: Die doel van hierdie studie was om die beskikbare bewyse vanuit literatuur aangaande intervensies ter bevordering van psigiatriese pasiënte se samewerking met geestesgesondheidsbehandeling krities te sintetiseer. Hierdie intervensies kan aan professionele gesondheidsorgpersoneel beskikbaar gestel word ter bevordering van psigiatriese pasiënte se samewerking met geestesgesondheidsbehandeling. METODE: 'n Sistematiese literatuuroorsig is gekies as die ontwerp om primêre studies te identifiseer wat die volgende navorsingsvraag beantwoord: Wat is die huidige kennis ten opsigte van intervensies wat psigiatriese pasiënte se samewerking met geestesgesondheidsbehandeling bevorder?. RESULTATE: Studies is ingesluit vir kritiese gehalte-beoordeling ten opsigte van metodologie, en is uiteindelik geïdentifiseer as bronne van bewyse wat die literatuuroorsigvraag toepaslik beantwoord. Bewysonttrekking, -analise en -sintese is gedoen deur middel van die beoordeling van bewysklas en -gradering van bewyssterkte, soos voorgeskryf in die American Dietetic Association se handleiding. Die sistemiese literatuuroorsig het aangedui dat daar heelparty intervensies is wat psigiatriese pasiënte se samewerking met behandeling kan verbeter, byvoorbeeld samewerkingsterapie en motiveringsonderhoudstegnieke. GEVOLGTREKKING: Gevolgtrekkings is gemaak en aanbevelings is geformuleer vir die verpleegpraktyk, verpleegonderrig en navorsing in verpleging.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons