SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 número1Stakeholders' perceptions of the delivery and quality of sexually transmitted infection treatment by private practitioners in Windhoek, NamibiaReasons for students' poor clinical competencies in the Primary Health Care: Clinical nursing, diagnosis treatment and care programme índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

CASSIM, Nadeem  y  RUGGUNAN, Shaun. A qualitative study of the factors influencing the global migration of anatomical pathologists in KwaZulu-Natal, South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.01-09. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/hsag.v19i1.811.

AGTERGROND: Die doel van hierdie artikel is om die faktore te identifiseer wat die globale migrasie van Suid-Afrikaanse anatomiese patoloë wat in die provinsie van KwaZulu-Natal werk, beïnvloed. DOELWIT: Hierdie artikel beantwoord die vraag: 'Watter faktore beïnvloed histopatoloë wat in KwaZulu-Natal gebaseer is om uit Suid-Afrika te migreer?', en verskaf sodoende insig in 'n ondernagevorste mediese spesialisasie. METODES: 'n Kwalitatiewe benadering en doelgerigte steekproefneming is gebruik. Die data het 11 diepgaande onderhoude met histopatoloë wat in KwaZulu-Natal (KZN) werk en een onderhoud met 'n voormalige KZN-gebaseerde histopatoloog wat nou in die Verenigde State werk, ingesluit. Die onderhoude is opgeneem en getranskribeer. Die data is vir patrone gekodeer en hierdie patrone het temas gegenereer. Die koderingsproses en tematiese generering was herhalend. RESULTATE: Ses temas is in hierdie data ontdek. Hiervan het vyf temas redes vir die moontlike migrasie van histopatoloë voorgestel. Dit sluit in gebrek aan erkenning deur kliniese dokters, gebrek aan loopbaangeleenthede, die afskrikmiddel van verpligte diens in die openbare sektor na kwalifisering, sosio-ekonomiese en politieke onstabiliteit in Suid-Afrika, en endemiese misdaadvlakke. 'n Sesde tema het aan die lig gebring dat vergoeding nie 'n beslissende faktor is in histopatoloë se keuse om te migreer nie. GEVOLGTREKKINGS: Vergoeding blyk nie 'n rede vir migrasie te wees nie, aangesien die salarisse van hierdie spesialiste in ooreenstemming met globale salarisse is. Hoewel dit nie veralgemeenbaar is nie, stel die bevindings voor dat meer werk aan die menseverhouding-aspekte gedoen moet word om hierdie mediese spesialiste te behou. Dit het implikasies vir menslike hulpbronne in gesondheidsbeleid.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons