SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 número1Self-care symptom-management strategies amongst women living with HIV/AIDS in an urban area in KwaZulu-NatalFurther potential savings attributable to maximum generic substitution of antidepressants in South Africa: A retrospective analysis of medical claims índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

REARDON, Candice; ENIGBOKAN, Oluwatobi  e  GEORGE, Gavin. British doctors' experiences of working in rural South Africa: The London GP Out of Programme Experience. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.01-10. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/hsag.v19i1.789.

AGTERGROND: Daar bly 'n gebrek aan navorsing met betrekking tot tydelike posisies vir buitelandse professionele gesondheidswerkers in Suid-Afrika (SA) as 'n moontlike strategiese oplossing vir die tekort aan gesondheidswerkers in die land. Die 'Out of Programme Experience' (OOPE) inisiatief, wat deur die 'London GP Deanery' georganiseer word, se doel is om 'n volhoubare invloei van Britse dokters-in-opleiding aan plattelandse openbare gesondheidsfasiliteite te voorsien. DOELWITTE: Hierdie studie het die ervarings van hierdie Britse dokters, wat as deel van die OOPE-program in plattelandse Suid-Afrikaanse hospitale gewerk het, verken. Die onderliggende redes en motivering vir hul besluite om na Suid-Afrika toe te kom, is ook ondersoek. METODES: In-diepte onderhoude is met 15 Britse dokters gevoer wat huidiglik, of in die verlede, in plattelandse gesondheidsfasiliteite in SA gewerk het as deel van die OOPE-program. Die onderhoude is getranskribeer en tematiese analise is gebruik om dit te analiseer. RESULTATE: Die eerste tema wat uit die onderhoude geïdentifiseer is, is dat die mees algemene redes hoekom hierdie dokters na SA gekom het verband hou met die tipe siektes en gevorderde patologie wat hulle in SA sou teëkom. Die tweede tema wat geïdentifieer is, is die versnelde leerkurwe wat hulle ervaar het in SA. GEVOLGTREKKINGS: Die dokters het geglo dat die OOPE-program hul kliniese vaardighede verbeter het. Hierdie studie getuig van die OOPE se potensiaal om beide die plaaslike gesondheidsfasiliteite sowel as die deelnemende buitelandse dokters te bevoordeel. Die gevolgtrekkings van die studie het praktiese implikasies vir die verdere ontwikkeling van programme om vakante poste vir gesondheidspersoneel in plattelandse hospitale in SA te vul.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons