SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 número1The effects of fatigue and the post-concussion syndrome on executive functioning in traumatic brain injury and healthy comparisonsSelf-care symptom-management strategies amongst women living with HIV/AIDS in an urban area in KwaZulu-Natal índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

HAMI, Melanie Y.; EHLERS, Valerie J.  e  VAN DER WAL, Dirk M.. Vroue se vermeende vatbaarheid en benutting van servikale kanker dienste in Malawi. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.1-8. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/hsag.v19i1.787.

AGTERGROND:  Malawi verskaf gratis servikale kanker siftings dienste by sommige openbare gesondheids instansies. Min vrouens maak gebruik van die kanker siftings dienste in Malawi en baie vrouens word steeds gediagnoseer met servikale kanker tydens die laat onopereerbare fases van die toestand. DOELWITTE:  Die doel van die studie was was om te bepaal of Malawiese vrouens wat 42 en ouer is se waargenome vatbaarheid vir servikale kanker hulle beïnvleod om beskikbare gratis servikale siftingsdienste te gebruik. 'n Kwantitatiwe, deursnee beskrywende navorsingsontwerp was gekies. METODE:  Gestruktureerde onderhoude is met 381 vrouens gevoer wat drie gesondheidsdiensentrums in die Blantyre Distrik van Malawi besoek het. RESULTATE:  'n Statistiese beduidende verhouding het bestaan tussen vrouens se voornemens om vir servikale kanker getoets te word en hulle kennis oor servikale kanker (X² = 8.9; df = 1; p = 0.003) en dat hulle al gehoor het van MPV infeksies (X² = 4.2; df= 1; p = 0.041) op die 5% vlak van beduidenis. Servikale kanker siftingsdienste is gratis beskikbaar in openbare gesondheidsdiensinrigtings in Malawi. Desnieteenstaande was daar 'n lae waargenome risiko van servikale kanker onder vrouens wat 42 jaar oud en ouer was en dit het bygedra tot die beperkte benutting van siftingsdienste, wat verduidelik waarom 80% van servikale kankergevalle in Malawi gedurende die laat onopereerbare fases gediagnoseer is. GEVOLGTREKKINGS:  Malawiese vrouens was onbewus van hulle vatbaarheid vir servikale kanker en het inligting benodig oor servikale kanker siftingsdienste. Malawi se vrouens wat 42 jaar oud en ouer is, moet ingelig word aangaande die voordele van servikale sifting en die belangrikheid van effektiewe behandeling indien 'n vroë diagnose gemaak is. Vrouens van 42 of ouer benut selde voorgeboorte, nageboorte gesonde baba, of gesinsbeplanningsklinieke waar voorliging aangaande servickale kanker verskaf word. Gevolglik behoort die vrouens ingelig te word oor servikale siftingstoetse wanneer hulle enige gesondheidsdienste benut.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons