SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 issue1Sexual risk behaviour amongst young people in the Vhembe district of the Limpopo province, South AfricaThe health care needs of the physically disabled patient in a home-based care environment: Implications for the training of ancillary health care workers author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

NKWINIKA, Elizabeth; KHOZA, Lunic B.; LEBESE, Rachel T.  and  SHILUBANE, Hildah N.. Refugees' perceptions regarding HIV and AIDS in Ba-Phalaborwa Municipality in Limpopo Province. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.1-8. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/hsag.v19i1.711.

AGTERGROND:  Menslike immuniteitsgebrekvirus (MIV) en verworwe immuniteitsgebrek-sindroom (vigs) bly 'n ernstige bedreiging vir die gesondheid van die bevolking, asook die ekonomiese welstand van individue in konflik-samelewings. Sub-Sahara Afrika (SSA) word oorweldigend deur MIV geraak en is die streek met die hoogste aantal gewapende konflikte wêreldwyd. DOELWITTE:  Die navorsing het ten doel gehad om vlugtelinge te Humulani dorpie in Ba-Phalaborwa munisipaliteit, Limpopo provinsie, se persepsies oor MIV en vigs te ondersoek en beskryf. Die doelwitte het die bepaling van geslagspersepsies oor MIV en vigs ingesluit, asook om aanbevelings te bied vir maniere om die vlugtelinge 'n beter begrip van MIV en vigs te gee. METODE: 'n Kwantitatiewe benadering tot hierdie navorsing is gevolg. Die teikenpopulasie van die studie was al die vlugtelinge te Humulani dorpie. Die steekproef het uit beide manlike (n = 78) en vroulike (n = 122) deelnemers bestaan wat vraelyste voltooi het. Die steekproef vlugtelinge was van verskillende etniese groepe afkomstig: Mosambiek, Nigerië, Ghana en Zimbabwe. Die vraelys het twee afdelings gehad: Afdeling A het die biografiese data bevat en Afdeling B het die vlugtelinge se kennis van MIV ondersoek. RESULTATE:  Die bevindinge van die studie het onthul dat die deelnemers oor lae kennisvlakke rakende MIV beskik - dit kan toegeskryf word aan hul geloof in die mites aangaande MIV en vigs. GEVOLGTREKKING:  Die populasie van MIV-besmette vlugtelinge in Limpopo mag steeds groei indien daar nie aandag geskenk word aan die unieke behoeftes van die vlugtelinge nie, soos die versterking van voortplantingsgesondheidsdienste, gesinsbeplanning, en moeder- en kindersorg, asook die verbetering van hul opvoedkundige en sosio-ekonomiese welstand.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License