SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 número1Coping responses as predictors of satisfaction with life amongst a group of patients diagnosed with diabetes mellitusSexual risk behaviour amongst young people in the Vhembe district of the Limpopo province, South Africa índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

JAGER, Nicolene de; BEUKES, Sonya  e  NOLTE, Anna G.W.. Measuring compliance of conducting an occupational health risk assessment in the occupational health nurse's practice. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.1-11. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/hsag.v19i1.647.

Beroepsgesondheidverpleegkundiges (BGV's) is gekwalifiseerde geregistreerde verpleegkundiges met 'n nagraadse kwalifikasie in beroepsgesondheidsverpleging wat basiese gesondheidsorg in die beroepsgesondheidsprogram lewer. 'n Belangrike aktiwiteit van die BGV is om alle gesondheidsrisiko's in die werksplek te identifiseer en te assesseer. Die BGV doen ook ʼn gesondheidsrisiko-analise (GRA) om stressors soos geraas en vibrasie te identifiseer. Die navorsers het met besoeke aan verskillende fabrieke bevind dat 85% (n = 23) van BGV's GRA's net in 'n sekere mate doen, alhoewel 'n GRA wetlik vereis word. Die volgende doelwit is vir die studie geformuleer: Om te ondersoek en te beskryf in watter mate BGV's GRA's uitvoer, en om die moontlike redes vir die nie-nakoming van die regulasie te ondersoek. 'n Kwantitatiewe, beskrywende navorsingsmetode is gebruik. 'n Sistematiese groepsteekmetode is gebruik om ʼn steekproefraamwerk uit 'n lys van die SASOHN-lede in Gauteng saam te stel. 'n Selfontwikkelde vraelys is aan respondente gestuur. Die navorsers het geldigheid, betroubaarheid asook etiese standaarde gehandhaaf. Daar is bevind dat BGV's ouer, hoofsaaklik vroulike praktisyns met bo-gemiddelde ondervinding is wat vir ʼn groot getal werkers verantwoordelik is. Vier faktore is geïdentifiseer wat BGV's beïnvloed om GRA's net in ʼn sekere mate uit te voer, naamlik bevoegdheid, onduidelikheid betreffende die rol van die BGV, werkslading en houding.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons