SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 número1'No condom, no sex': Easy to say, but not possible for all South African womenA model for higher education campus health services índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

SECHOARO, Ernest J.; SCROOBY, Belinda  e  KOEN, Daleen P.. The effects of rehabilitation on intellectually-disabled people - a systematic review. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/hsag.v19i1.693.

AGTERGROND: Rehabilitasie het ontwikkel in 'n omvattende benadering met 'n kombinasie van behandelingsmetodes om die veelvoudige hindernisse wat met intellektuele gestremdheid geassosieer word die hoof te bied. Rehabilitasie word gebruik om die intellektueel gestremde mense se vaardigheidstekorte aan te pak, bevoegdheid te bevorder en optimal funksionering te fasiliteer met die beste moontlike sosiale en ekonomiese deelname, onafhanklikheid, selfstandigheid en selfbeskikking as doelwit. DOELSTELLING: Hierdie sistematiese literatuuroorsig het die beskikbare bewyse van die effek van rehabilitasie op intellektueel gestremde mense ondersoek en beskryf. METODE: Literatuur soektogte van verskillende elektroniese databasisse en handsoektogte was gedoen deur geselekteerde sleutelwoorde te gebruik. Studies oor die effekte van rehabilitasie op die intellektueel gestremde persone was stelselmatig geselekteer, krities ontleed vir metodologiese kwaliteit en opgesom. RESULTATE: Rehabilitasie-intervensies het goeie uitkomste op intellektueel gestremde mense getoon. Bevindinge het getoon dat mense met ligte tot matige intellektuele gestremdhede ten opsigte van daaglikse aktiwiteite na rehabilitasie verbeter het. Vordering is opgemerk in daaglikse leefaktiwiteite, selfsorgvaardighede, kommunikasievaardighede en kognitiewe prestasie. GEVOLGTREKKINGS: Bevindinge het positiewe rehabilitasie effekte op die intellektueel gestremde mense getoon. Hierdie studie dra by tot die omvattende verpleging van intellektueel gestremde mense deur ondersteuning van die doeltreffendheid van rehabilitasie met betrekking tot daaglikse leefaktiwiteite, selfsorgvaardighede, kommunikasievaardighede en kognitiewe prestasie te gee. Die bewyse wat in hierdie studie ingesamel is, kan bydra tot die opleiding van doeltreffender verpleegkundiges wat by die daaglikse versorging en rehabilitasie van intellektueel gestremde mense betrokke is.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons