SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 número1Assessment of the English literacy level of patients in primary health care services in Tshwane, Gauteng province: Part 2Retaining professional nurses in South Africa: Nurse managers' perspectives índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

ZUMA, Khangelani; MANZINI, Khanyisile  y  MOHLABANE, Neo. HIV epidemic in South Africa: A comparison of HIV epidemic patterns of two extreme provinces in South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.1-5. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/hsag.v19i1.716.

AGTERGROND: Suid-Afrika ondervind een van die ergste MIV-epedemies, wat verskil ten opsigte van elke provinsie en distrik en binne elke provinise. DOELSTELLING: Om MIV-voorkoms en -patrone tussen twee provinises in Suid-Afrika te ondersoek en vergelyk. METODE: 'Ken jou epidemie' sintese dui daarop dat die voorkomssyfer van MIV in ouer ouderdomsgroepe styg en daal by jonger mense. Ons het sekondêre data analieses van bevolkingsgebaseerde en swangerskapsorg waarnemingsopnames (ANC) gebruik om neigings en patrone in MIV-voorkoms in Kwa-Zulu Natal en die Wes-Kaap, vas te stel. RESULTATE: Ofskoon Kwa-Zulu Natal die hoogste voorkoms in Suid-Afrika (15.5% vergelyk met 3.8% in die Wes-Kaap) het, is daar 'n aansienlike onlangse afname (6%) in die voorkoms van MIV in Kwa-Zulu Natal waargeneem, vergelyk met die 2% verhoging in die Wes-Kaap, gebasseer op ANC data, in jongmense in die ouderdomsgroep 15-24 jaar. Hierdie resultate is konsekwent met dié van die bevolkingsgebaseerde opname, waar 'n afname van 0.3% in MIV-voorkoms in Kwa-Zulu Natal waargeneem is, vergelyk met 'n toename van 0.7% in die jeug van die Wes-Kaap. Altwee die ANC-resultate en die bevolkings-gebaseerde opnames wat in verskillende jare uitgevoer is, wys 'n afname in MIV-voorkoms onder die jeug in Kwa-Zuly Natal vergelyk met 'n toename onder dieselfde ouderdomsgroep in die Wes-Kaap. MIV-infeksie onder hierdie ouderdomsgroep word verbind met 'n onlangse infeksie, wat 'n toename van die epidemie in die Wes-Kaap, vergelyk met Kwa-Zulu Natal aandui. GEVOLGTREKKINGS: Ingryping, wat daarop gemik is om infeksies soos seksuele onthouding en die reklame van kondome vir hierdie ouderdomsgroep, behoort wyd in die Wes-Kaap geimplementeer te word. Hierdie behoort voorligtings- en toetsveldtogte in te sluit.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons