SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 issue1A complicated grief intervention modelAdaptation of the Rapid Estimate of Adult Literacy in Medicine Revised (REALM-R) to the South African context: Part 1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

MTHEMBU, Thuli G.  and  VAN WYK, Brian. Patients' knowledge and beliefs about antiretroviral treatment and factors associated with adherence in Mpumalanga Province, South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.1-7. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/hsag.v19i1.718.

AGTERGROUND: Antiretrovirale (ARV) behandeling verbeter die prognose en lewenskwalitiet van pasiënte wat besmet is met MIV, deur 'n remmende effek op die ontwikkeling van VIGS te bewerkstellig. Alhoewel ARVbehandeling reeds sedert 2003 in openbare gesondheidsentrums in Suid Afrika beskikbaar was, bly die volgehoue en stiptelike navolging van die behandelingsplan 'n grootse uitdaging vir pasiënte. Daar is egter min navorsing oor die faktore wat navolging van ARV behandeling deur pasiënte in landelike gebiede in Mpumalanga gedoen. DOELWITTE: Hierdie studie ondersoek pasiënte se kennis, houdings en ander faktore wat die navolging van ARV behandeling beïnvloed by Shongwe-hospitaal in die Nkomazi distrik in Mpumalanga. METODE: 'n Bestekopname van 184 pasiënte, tussen die ouderdomme van 15 en 65 jaar, wat ARV behandeling ontvang is gedoen. Hulle is lukraak gekies en het 'n vraelys voltooi rakende hul kennis en oortuigings ten opsigte van ARV-middels, asook die faktore wat die stiptelike gebruik van die middels beïnvloed. RESULTATE: Die steekproef het hoofsaaklik uit vroue (71.2%) bestaan, en die meerderheid was werkloos (83.7%). Die meeste van die deelnemers het aangedui dat hulle hul ARV-medikasie die vorige twee dae (92.4%) en sewe dae (84.2%) grotendeels (ten minste 95% van medikasie) volgens voorskrif geneem het. Die meerderheid van die studie deelnemers het redelike kennis van en positiewe houdings teenoor ARV-behandeling getoon. Vergeetagtigheid, die besigheid van normale daaglikse roetine, die ontvang van besoekers, besoeke aan kroeë asook uitslaap was die redes wat aangevoer is vir vernalating om medisyne te neem. GEVOLGTREKKING: Alhoewel, die meeste pasiënte in hierdie studie aanvanklik redelik goed gevaar het met die navolging van die behandelingsplan, moet die probleme wat ervaar is met die neem van medikasie aangespreek word om lang-termyn navolging van behandeling en retensie te bewerkstellig.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License