SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 issue1The systems psychodynamic leadership coaching experiences of nursing managersConcept-mapping as a teaching method to facilitate critical thinking in nursing education: A review of the literature author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

KRUGER, Gizelle; PIENAAR, Anita E.; COETZEE, Dané  and  KRUGER, Salome H.. Prevalence of stunting, wasting and underweight in grade 1-learners: The NW-CHILD Study. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.1-7. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/hsag.v19i1.750.

AGTERGROND: Ondervoeding is steeds 'n publieke gesondheidsgevaar by kinders in ontwikklende lande, met heelwat negatiewe gevolge vir kinderontwikkeling. DOEL: Om te bepaal wat die voorkoms van groei-inperking, ondervoeding en ondergewig by Graad 1-leerders in die Noordwes-Provinsie (NWP) van Suid-Afrika (SA) is, met in ag neming van geslag, ras en skooltipe. METODE: Agt honderd en sestien leerders (419 seuns; 397 meisies) is ewekansig geselekteer vir deelname aan die studie (567 swart, 218 wit, 31 ander rasgroepe). Ondergewig, groei-inperking en ondervoeding is bepaal deur z-tellings vir massa-vir-ouderdom, lengte-vir-ouderdom en LMI-vir-ouderdom volgens die 2007 WHO verwysings (-2 SA). RESULTATE: 'n Hoër voorkoms vir ondervoeding en ondergewig is by seuns (8.35%; 5.97%) teenoor meisies (6.30%; 2.52%) gevind, alhoewel slegs betekenisvol vir ondergewig (p = 0.02), terrwyl persentasies van groei-inperking redelik dieselfde was by meisies (4.53%) en seuns (4.06%). Ondergewig het die hoogste voorkoms in die swart groep (5.47%; p < 0.01) getoon, en die voorkoms word geassosieer met skooltipes wat lae sosio-ekonomiese omstandighede verteenwoordig. Slegs swart leerders het groei-inperking getoon (p < 0.01) en meer swart leerders was ondervoed (n = 39) teenoor blanke (n = 15) leerders. Kwintiel 1-3 skole het 'n betekenisvolle hoër voorkoms vir ondergewig (5.14% - 8.18%) en groei-inperking (3.88% - 10.7%) getoon (p < 0.01) as die Kwintiel 4 en 5 skole. GEVOLGTREKKING: Groei-inperking, ondervoeding en ondergewig moet by skoolbeginners verbeter word, veral in Kwintiel 1-3 skooltipes en by Swart leerlinge in die NWP van SA, veral weens die negatiewe uitwerking wat dit op die toekomstige ontwikkeling en welstand van leerders wat daaronder gebuk gaan, kan uitoefen.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License