Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Health SA Gesondheid (Online)
versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848
Resumo
DAVHANA-MASELESELE, Mashudu et al. Comparison of trauma on survivors of sexual assault and intimate partner violence in Limpopo. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.01-11. ISSN 2071-9736. http://dx.doi.org/10.4102/hsag.v19i1.683.
AGTERGROND: Ten spyte daarvan dat daar intervensies beskikbaar is, bly geslagsgebaseerde geweld 'n uitdaging in Suid-Afrika. Die versorging van die oorlewendes geweld is van kritieke belang om die oorlewendes se spoedige herstel te verseker DOELWITTE: Die doel was om die gevolge van trauma op die vroulike slagoffers van seksuele aanranding te vergelyk met die trauma wat die oorlewendes van fisiese aanranding ervaar het METODE: 'n Kwantitatiewe dwarssnit ontwerp is gebruik om 30 seksueel aangerande vroue en 30 fisiek aangerande vroue te vergelyk sover dit depressiesimptome, posttroumatiese stresversteuring en coping styl betref drie maande na die voorval plaasgevind het. Semi-gestruktureerde onderhoude is gevoer met die oorlewendes van beide soorte aanvalle, terwyl die Beck depressie-inventaris, die kontrolelys vir posttroumatiese stresversteuring en die bondige COPE-inventaris afgeneem is om kwantitatiewe data te bekom. Sowel parametriese as nie-parametriese statistiek is gebruik. Etiese vereistes is regdeur die navorsingsproses nagekom RESULTATE: 'n Aansienlik hoër persentasie seksueel aangerande vrouens het hulle gesin oor die voorval ingelig (p = 0.021). Die meeste seksueel (90%) en fisiek (86%) aangerande vrouens het die voorval onthou. Seksueel aangerande vrouens toon 'n aansienlik hoër gemiddelde vir vermyding of gevoelloosheid (p < 0.001) en fisiese aangerande vrouens het 'n hoër gemiddelde vir opwekking (p > 0.051). Sowat 41% van die seksueel aangerande deelnemers meld erge depressie. Die studie bevestig dat seksuele aanranding persoonliker is, terwyl fisieke aanranding meer interpersoonlik is. As fisiek aangerand vroue van die oortreders verwyder word, herstel hulle vinniger as die seksueel aangerande vroue. As hulle by die oortreders bly, kan die geweld voortduur GEVOLGTREKKING: Die noodsaak aan berading en ondersteuning vir beide groepe oorlewendes word aanbeveel. Alle belanghebbendes moet opgevoed word om ondersteuning aan oorlewendes te bied.