SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 número1Depth of poverty in an informal settlement in the Vaal region, South AfricaThe lived experiences of late-adolescent female suicide survivors: 'A part of me died' índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

MATHIBE-NEKE, Johanna M.; ROTHBERG, Allan  e  LANGLEY, Gayle. The perception of midwives regarding psychosocial risk assessment during antenatal care. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.01-09. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/hsag.v19i1.742.

AGTERGROND: Die fisiologiese en psigologiese veranderings wat deur swangerskap veroorsaak word, kan 'n vrou se kwetsbaarheid vir depressie verhoog. Dit kan op sy beurt negatiewe gevolge vir sowel die moeder as die fetus se welstand hê. As vroedvroue nie voldoende psigososiale riskio-assesserings op swanger vrouens doen nie, kan dit tot 'n gebrek aan psigososiale ondersteuning tydens die swangerskap en geboorte lei. Swanger vrouens wat 'n gebrek aan psigososiale ondersteuning het, kan stres, angs en depressie ervaar wat weer die fetus se welstand kan beïnvloed DOELWIT: Die doelwit van hierdie studie was om die persepsies van vroedvroue, wat voorgeboortesorg aan swanger vrouens bied, te ondersoek en te beskryf sover dit hulle persepsies oor psigososiale risiko-assessering en psigososiale aangaan METODE: 'n Interpretatiewe en beskrywende kwalitatiewe benadering is gevolg. Drie fokusgroep-onderhoude is deur middel van 'n gestruktureerde onderhoudsgids gevoer met verloskundiges wat in drie voorgeboorteklinieke in die Gauteng Provinsie werksaam is. 'n Benadering tot data-analise wat van voortdurende vergelyking gebruik maak, is gevolg RESULTATE: Die studie het aan die lig gebring dat verloskundiges bewus is van psigososiale probleme onder swanger vroue en dat die prevalensie van sulke probleme onder swanger vroue hoog is. Vroedvroue erken die belang van psigososiale sorg aan swanger vroue alhoewel hulle nie toereikend toegerus is om psigososiale assessering en -sorg te verleen nie GEVOLGTREKKING: Die bevindinge stel 'n basis daar vir die insluiting van psigososiale sorg in roetine voorgeboortesorg.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons